Cathcart

Cathcart is 'n dorp in die Oos-Kaap, tussen Komani (Queenstown) en Stutterheim.

Die N6 nasionale pad loop deur Cathcart.

Cathcart
Cathcart se hoofstraat
Cathcart se hoofstraat
Cathcart is in Oos-Kaap
Cathcart
Cathcart
Cathcart Cathcart se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°18′S 27°8′O / 32.300°S 27.133°O / -32.300; 27.133 27°8′O / 32.300°S 27.133°O / -32.300; 27.133
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikAmathole
MunisipaliteitAmahlathi
Stigting1858
Oppervlak
 • Totaal203,6 km2 (78,6 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal35 672
 • Digtheid175/km2 (450/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense4.9%
 • Bruin mense0.5%
 • Swart mense94.6%
Taal (2011)
 • Xhosa 93.7%
 • Engels 3.1%
 • Noord-Sotho 1.6%
 • Afrikaans 1.0%
 • Ander 0.5%
Skakelkode046
Cathcart
'n Geskiedkundige gebou op Cathcart wat die dorpsadministrasie huisves.

Geskiedenis

Die dorp het ontstaan as 'n militêre buitepos aan die hange van die Windvogelberg. Die dorp is aanvanklik vernoem na 'n hoofman van die San voordat hulle deur die Thembu Xhosas verdryf is. Die eerste woonerwe is in 1858 verkoop en die dorp hernoem na sir George Cathcart, goewerneur van die Kaapkolonie van 1852 tot 1854. Sir George het die Agtste Grensoorlog tussen die Xhosas en die setlaars beëindig. Hy het ook baie gedoen om die veiligheid van die grensbewoners te verbeter.

NG gemeente

Vir hoofartikel sien NG gemeente Cathcart

Cathcart 
Die hoeksteen van die NG kerk op Cathcart is op 27 Mei 1882 gelê, maar vermeld nie deur wie nie. Die toring is eers later aangebou.

Die gebied wat nou Cathcart heet, was sowat 30 jaar lank 'n buitewyk van die NG gemeente Queenstown, maar teen Julie 1905 het daar sprake van afstigting gekom. Toe 'n gemeentevergadering gehou is, kon daar egter nie tot 'n beslissing gekom word nie. Hierop is besluit om lyste uit te stuur om die gevoel van die lidmate te toets. Die gevolg hiervan was dat weer 'n gemeentevergadering gehou is, waarop die stemming meer beslissend was. Die gemeente is egter eers op 26 Oktober 1907 amptelik gestig.

Op 28 Julie 1906 is reeds besluit om 'n baie ruim pastorie op die dorp te bou om te voorsien in die behoeftes van die predikante, wat gewoonlik 'n baie groot huisgesin gehad het. Die pastorie het £1 270 gekos, maar het nog te klein geblyk te wees en is in 1913 teen 'n koste van £115 vergroot met 'n vertrek wat as studeerkamer vir die leraar kon dien. In 1950 is dié gebou as skoolkoshuis verkoop en toe het die kerkraad besluit om 'n nuwe langs die kerkgebou op te rig. Hiermee is in 1951 begin.

Distrik

Die distrik is 2 600 km2 groot en is skaap- en beeswêreld.

Sien ook

Verwysings

Bron

Tags:

Cathcart GeskiedenisCathcart NG gemeenteCathcart DistrikCathcart Sien ookCathcart VerwysingsCathcart BronCathcartKomaniN6 (Suid-Afrika)Oos-KaapStutterheim

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VryheidsdagDiepaartromboseGedigAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeDurbanVratGesondheid7de LaanSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeGordelroos20ste eeuLyfstraf in skoleSuid-SothoLiewe HeksieBesproeiingKoolhidraatKolonisasieAnglisismeOntdekking van die chemiese elementePirow BekkerDermpoliepGenitale vratVrugbaarheidSoogdierKameelperdLys van Griekse mitologiese figureBorskankerJapanAfleiding (taalkunde)Bruto binnelandse produkVaste stofTransatlantiese slawehandelOntbossingPussy RiotBotswanaPriemgetalMagneetHidroulikaCremonaWortelKalenderSinoniemDachshundNederlandsArmoedeDeelteken en umlautXhosasHemelvaartKitaarSharpeville-slagtingNasionaal-SosialismeLys van Suid-Afrikaanse musikanteBloedsomloopstelselAfrikaanse taalleerLys van Afrikaanse skrywersBywoordZack du PlessisGesonde dieetSkoenlapperCeresSuiwelprodukKriekKolonoskopieMoskouErosietipesAlliterasieAntjie KrogPoesTydStereotipeLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaDoziBruce FordyceDesimale breuke🡆 More