Bret Easton Ellis

Bret Easton Ellis (gebore op 7 Maart 1964) is 'n Amerikaanse outeur, draaiboekskrywer en kortverhaalskrywer.

Sy werke is reeds in 27 tale vertaal. Aan die begin van sy loopbaan is hy as een van die sogenaamde literêre "brat pack" beskou, wat ook Tama Janowitz en Jay McInerney ingesluit het. Hy is 'n selfverklaarde satiris, wie se hooftegnieke as 'n skrywer die uitdrukking van buitengewone of ekstreme handelinge en opinies behels, wat uitgevoer word op 'n sorgelose styl. Ellis maak gebruik van die tegniek om romans te verbind met algemene, terugkerende karakters.

Bret Easton Ellis
Bret Easton Ellis (2010)

Op die ouderdom van 21 jaar is sy eerste roman, die kontroversiële topverkoper "Less than Zero", gepubliseer deur Simon & Schuster. Sy derde roman, American Psycho (1991) was sy mees suksesvolste werk, en by verskyning daarvan het mense die roman luidkeels veroordeel as té, oftewel oordadiglik geweldadig. Alhoewel menigte petisies ten einde die boek te verban, daartoe gely het dat Simon & Schuster sy sakeverhouding met Ellis beëindig het, het die allesoorheersende berugtheid daarvan Alfred A. Knopf daartoe beweeg om dit as 'n sagteband uitgawe later daardie jaar te publiseer. Ellis se romans het in al hoe groter wordende mate metafiksioneel begin raak. Lunar Park (2005), 'n spookstorie en pseudo-memoires, het ook positiewe resensies ontvang. Imperial Bedrooms (2010), wat bemark is as 'n vervolg op Less Than Zero, gaan ook voort in die trant. Vier van Ellis se werke is verwerk in rolprente.

Bibliografie

  • 1985: Less Than Zero
  • 1987: The Rules of Attraction
  • 1991: American Psycho
  • 1994: The Informers
  • 1998: Glamorama
  • 2005: Lunar Park
  • 2010: Imperial Bedrooms

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1964SatireVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ProteaOrgasmeAnilingusGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaPersoonlikheidKomplementêre kleureRassismeIngenieurswesePussy RiotHaaieDurbanNierTsongaNatuurlike hulpbronAfrikaanse woordelys en spelreëlsMielieVryheidsdagWikimedia-stigtingTikTokCovid-19-pandemieTrigeminale neuralgieDeelwoordAngina pectorisNaaldekokerSout (chemiese stof)GoogleAtlantiese OseaanBorskankerAkuutSonkragGeestesteuringSelfbeeldMigrasie van voëlsSmaakMonopolieVolhoubaarheidDermpoliepShanzhaiPubliekKoorsMaatskaplike verantwoordelikheidLika BerningWaterRob HersovVersamelnaamJohannes MeintjesSonnestelselSpelerposisies in rugbyMahatma GandhiBernice WestResensieTrekarbeidJesus van NasaretStadRooibloedselMangelLeeuPotchefstroomKamoefleringKletsrymPolisieVierde Industriële RevolusieMoskouEskomKonsentrasiekampStollingsgesteenteKatoenPaarl GimnasiumMaselsSeksuele opwekkingMigrasie van diereVerenigde State van AmerikaWet op Bantoe-onderwysMagneetSuid-EuropaAngolaAfrikaanse WikipediaOnderwys🡆 More