Die bontvisvanger (Ceryle rudis) is 'n algemene standvoël en visvanger wat wyd verspreid is in Afrika suid van die Sahara en suidelike Asië vanaf Turkye tot China.
Bontvisvanger | |
---|---|
Mannetjie by die Chambalrivier, Uttar Pradesh, Indië | |
Wyfie by die Chambalrivier, Uttar Pradesh, Indië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Ceryle Boie, 1828 |
Spesie: | C. rudis |
Binomiale naam | |
Ceryle rudis |
Dit is 'n groot visvanger, 28–29 cm in lengte, maar kleiner as die reusevisvanger, met 'n uitsluitlike swart-en-wit veredrag. Die geslagte verskil van kleurpatrone. As hy visvang, fladderhang hy gewoonlik oor die water en duik dan af om sy prooi te vang.
Hou in pare of klein familiegroepies by binnelandse riviere, mere, strome, damme en by strandmere, riviermondings en rotspoele langs die kus.
Uiter 'n hoë gekwetter; twee of meer voëls roep dikwels tegelyk.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bontvisvanger, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.