Arthur Reid

Arthur Henry Reid (Plymouth, Engeland, 5 Julie 1856 – Kaapstad, Suid-Afrika, 18 Oktober 1922) was ’n ingenieur en argitek wat veral naam gemaak het met die geboue wat hy in die vroeë Johannesburg ontwerp het.

Arthur Reid
Arthur Henry Reid.

Jeugjare

Arthur Reid 
Die toring van die NG gemeente Pearston se kerkgebou. Carl Otto Hager is gevra om die kerk te ontwerp, maar die finale voorkoms is waarskynlik die werk van Reid.
Arthur Reid 
Carl Otto Hager is ook gevra om die NG gemeente Jansenville se tweede kerkgebou te ontwerp. Maar ook hier is die ontwerp moontlik hoofsaaklik aan Reid te danke. Die gebou is op 20 Junie 1885 ingewy.
Arthur Reid 
Reid het die NG gemeente Bethulie se kerkgebou alleen ontwerp.
Arthur Reid 
Reid het die Johannesburgse hospitaal van 1889 in vennootskap met Robert McCowat ontwerp. Die hoeksteen is gelê op 29 Maart 1889 en dis in gebruik geneem op 5 November 1890. Die oosvleuel is in Januarie 1893 geopen.

Reid was die oudste seun van William Henry en Ellen Maria Reid. Sy vader en drie van sy broers het ook as argitek in Suid-Afrika gepraktiseer. Ná sy skoolopleiding aan die Plymouth Grammar School het Reid kursusse in die natuurwetenskap aan King's College, Londen, gevolg. In 1877 is hy as tekenaar en opmeter in die departement van openbare werke van die Kaapkolonie aangestel (volgens ’n ander bron van die Kaapse stadsraad) nadat sy vader, moeder en twee broers na die Kaap geëmigreer het, en die volgende jaar as assistent-stadsingenieur van Kaapstad.

Loopbaan in Suid-Afrika

Hy was van 1879 tot 1881 as die eerste stadsingenieur van Grahamstad werksaam en verantwoordelik vir die herbou van paaie, brûe en reservoirwalle ná die vloed van 1878. Gedurende dié tyd was hy ook in beheer van die oprigting van die toring van die Anglikaanse katedraal van St. Michael en St. George asook van die stadsaal. Vanaf 1882 was hy as argitek in privaat praktyk in Port Elizabeth werksaam, later in vennootskap.

Nadat hy vier jaar in die Baai gewerk het, het hy na Johannesburg gereis, toe nog ’n stowwerige mynkamp bestaande uit sinkplaathokke, tentwoning en enkele huise van baksteen. Hy het in 1886, in die stad se stigtingsjaar, daar aangekom en word beskou as die Goudstad se eerste argitek. Hy het aanvanklik op sy eie gepraktiseer en van 1886 tot 1888 moontlik ’n aantal huise ontwerp, hoewel geen besonderhede van sy werk uit dié tyd behoue gebly het nie. In 1888 het hy kragte saamgesnoer met Robert McCowat (1859–1924). Die vennootskap Reid & McCowat het vooruitgeboer en was verantwoordelik vir van die belangrikste geboue in die vroeë Johannesburg. Twee van hul vroeë ontwerpe, albei in 1889, was vir die Anglikaanse kerk St. Mary's the Less in Jeppestown en die Presidentstraat-sinagoge. Ook in 1889 is die Johannesburgse hospitaal opgerig op die straatblok wat begrens word deur Klein-, Esselen-, Hospitaal- en Smitstraat, en die Tweede Randse Klub, wat begrens is deur Fox-, Commissioner- en Lovedaystraat.

In 1893 was die vennootskap verantwoordelik vir die vergroting van die Tweede Aandelebeurs (tussen Commissioner-, Simmons- en Frazerstraat) en twee jaar later vir die Tweede Markgebou (Mark-, Simmons-, President- en Harrisonstraat). McCowat het die vennootskap in 1896 verlaat en nog tot sy aftrede in 1920 op sy gepraktiseer.

Reid het hom in 1897 in Kaapstad gevestig. Op Graaff-Reinet het hy 'n paar ontwerpe vir die Kaapse Kerk geteken, hoewel dit nie lyk asof dié ontwerpe gebruik is nie. Hy het aanbouings vir die Sint Mary-kerk in Jeppestown, Johannesburg, ontwerp en planne opgetrek vir Christ Church in Kenilworth in die Kaap. Hy was verantwoordelik vir die ontwerp van die preekstoel van die Anglikaanse kerk op Queenstown en vir die oorlogsgedenkteken buite Sint Saviour in Claremont, Kaapstad.

Breër betrokkenheid

Arthur Reid 
Reid het die Robinson Bank-gebou (1895) by Markstraat 78, Johannesburg, saam met Frederick Green ontwerp.
Arthur Reid 
Die binnekant van die Presidentstraat-sinagoge, Johannesburg se eerste sinagoge, wat in gebruik was van 1889 tot 1926, toe dit verkoop is. Hy het dit saam met McCowat ontwerp.

Reid was een ’n stigterslede van die Engineering and Architectural Association of South Africa in 1884 en president van die Kaapse Instituut van Argitekte. Hy was een van 'n groep wat die grondwet van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Argitekte in 1899 opgestel het en was twee jaar later 'n stigterslid van dié vereniging.

Hy het baie belanggestel in hengel. Sy boek Odes and Idylls, met gedigte oor die lewe op die Kaapse platteland en oor visvang, is in 1918 gepubliseer en sy Trout and angling in South Africa in 1921. Hy het ook artikels oor hengel vir Britse en Amerikaanse tydskrifte geskryf. Ten spyte daarvan dat Reid nooit 'n groot praktyk gehad het en ook geen belangrike gebou in Kaapstad ontwerp het nie, was hy van betekenis weens die rol wat hy in die institusionalisering van die argiteksberoep in Suid-Afrika gespeel het.

In 1881 het hy genoot van die Royal Institute of British Architects geword en in 1906 eresekretaris van die Suid-Afrikaanse tak daarvan. Terwyl hy lid van verskeie ander wetenskaplike liggame in Suid-Afrika was, was hy ook 'n vooraanstaande Vrymesselaar en het in die stadsrade van Johannesburg en Kaapstad gedien. In Johannesburg het hy die eerste Britse losie van die Vrymesselaars gestig.

Gesinslewe

Uit sy huwelik op 15 Junie 1884 met Victoria Walsh is twee seuns en 'n dogter gebore.

Bronne

  • (en) Walker, Michael. 2013. The Pioneer Architects of Johannesburg And their buidlings (1886–1899) with postcard illustrations. St. James: The Kalk Bay Historical Association.
  • (en) Sy lewensbeskrywing op die webtuiste artefacts.co.za. URL besoek op 5 November 2017.

Verwysings

Tags:

Arthur Reid JeugjareArthur Reid Loopbaan in Suid-AfrikaArthur Reid Breër betrokkenheidArthur Reid GesinsleweArthur Reid BronneArthur Reid VerwysingsArthur Reid18 Oktober185619225 JulieEngelandJohannesburgKaapstadPlymouthSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BotswanaDonderstormBrandmondsindroomJo BlackGroot GatDaggaElektrisiteitEierstokLys van medisinale kruieAfleiding (taalkunde)KalsiumOnderwerp (taalkunde)TegnologieBetonLyfstraf in skoleKunselementeMusieksimboleHeupMuskietJohannesburgYsterSimboolKangogrotteWêreld- Ekonomiese ForumMagnetismeUniondaleSleutel (musiek)NasiebouJan van TonderWillie JoubertMieliestronkHematurieSelfieAnilingusCleopatra VIIMateriaalLeonardo da VinciKrokodilKaartCurly HowardNierCorioliskragPolisieRob HersovAfkortingLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaHulpwerkwoordSoogdierSonkragXHTMLWaterstofN.P. van Wyk LouwCarike KeuzenkampConsolidated B-24 LiberatorSwaziKatoenHerfsInflasieDonkieSnaarinstrumentKrampBeurtkragAvbobSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Wes-KaapBosvarkElektroniese of digitale mediaVerlede tydAfrikaansHakerJapanNelson MandelaLys van Afrikaanse televisiereekseVryheidsmanifesGoogle TranslateMasturbasie🡆 More