Sir John Barbirolli, (* 2 Desember 1899 – † 29 Julie 1970), geboortename Giovanni Battista Barbirolli, was 'n Britse dirigent en tjellis.
Hy word veral onthou as dirigent van die Hallé Orkes in Manchester wat hy in 1943 van ontbinding help red het en vir die res van sy lewe sou dirigeer. Vroeër in sy loopbaan was hy die opvolger van Arturo Toscanini as musikale direkteur van die New York Filharmoniese Orkes, waar hy vanaf 1936 tot 1943 gedien het. Hy was ook vanaf 1961 tot 1967 hoof-dirigent van die Houston Simfonieorkes, en het as gasdirigent van baie ander orkeste opgetree, insluitende die BBC Simfonieorkes, Londen Simfonieorkes, die Philharmonia Orkes, die Berliner Philharmoniker en die Weense Filharmoniese Orkes. Hy het saam met al die gemelde orkeste opnames gemaak.
Barbirolli is in Londen van Italiaanse en Franse ouers gebore, en het grootgeword in 'n familie van professionele musikante. Nadat hy aanvanklik tjello gespeel het, het hy egter vanaf 1926 die kans waargeneem om te dirigeer met die British National Opera Company, en daarna saam met die Covent Garden se toergeselskap. Toe hy die dirigeerstok opgeneem het by Hallé het hy agter minder geleentheid gehad om in die operahuis te werk, maar in die 1950's het hy met sulke sukses produksies van die werke van Verdi, Wagner, Gluck, en Puccini by Covent Garden gedirigeer dat hy uitgenooi was om die geselskap se permanente musikale direkteur te word, welke uitnodiging hy egter van die hand gewys het. Later in sy loopbaan het hy verskeie opnames van operas gemaak, ten opsigte waarvan sy 1967 opname van Puccini se Madama Butterfly vir EMI sekerlik die beste bekend is.
Barbirolli was in beide die konsertsaal en opname-ateljees veral geassosieer met die musiek van Engelse komponiste soos Elgar, Delius en Vaughan Williams. Sy interpretasies van ander laat-romantiese komponiste soos Mahler en Sibelius sowel as vroeëre klassieke komponiste, insluitende Schubert, word ook steeds bewonder.
Wiki Commons bevat media in verband met John Barbirolli. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article John Barbirolli, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.