Arsakidiese Dinastie Van Armenië

Die Arsakidiese dinastie of Arsjakoeni (Armeens: Արշակունի), het van 12 tot 428 n.C.

oor die Koninkryk Armenië regeer. Die dinastie was 'n tak van die Arsakidiese dinastie van Partië. Arsakidiese konings het deur die chaotiese jare ná die val van die Artaxiadiese dinastie met tussenposes regeer tot in 62, toe Tiridates I die Partiese Arsakidiese heerskappy in Armenië gevestig het. Hy kon egter nie sy lyn op die troon vestig nie en verskeie Arsakiede van verskillende lyne het regeer tot die troonbestyging van Vologases II, wat sy lyn op die Armeense troon gevestig het. Dié sou oor die land regeer totdat die Sassanidiese Ryk dit in 428 afgeskaf het.

Twee van die noemenswaardigste gebeure tydens die Arsakiede se heerskappy in Armenië is die kerstening van Armeniërs deur Gregorius die Verligter in 301 en die skepping van die Armeense alfabet deur sint Mesrop Masjtots omstreeks 405. Iranianisme het gedy onder die heersers van die Arsakidiese dinastie.

Verwysings

Skakels

  • Arsakidiese Dinastie Van Armenië  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

ArmeensArmeniëPartiese RykSassanidiese Ryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Abstraksie (rekenaarwetenskap)1652DomineeMiddeloorontstekingPriemgetalSuid-Afrikaanse GrensoorlogSokkerLys van Griekse mitologiese figureKommunismeMesopotamiëMiltWet op NaturellengrondJohn SteenhuisenCobus RossouwKantons van SwitserlandVersamelnaamDieetveselDeborah AdairNierversakingRefentse MorakeLys van Afrikaanse rolprenteProstaatkankerInsolasieDjihadKlimaatBloedvergiftigingBreinAntibiotikumAswoensdagAfrikaanse TaalbewegingPolisieKrapApokriewe boekeMiomboHidroponikaPretoriaKrokodilPubiese hareSeksposisieWarmlugballonIsraelMenseregtedagRekenaarWhitey BassonPoësieAngina pectorisRelatiwiteitsteorieBreinvliesontstekingThabo MbekiKomeetDemokrasieKarla du PlessisMantisBruin huisslangJapannese letterkundeDikdermWikiWoordeboekWikiNicaraguaRatelLemoenduifGeelstertSwaziHATFopnuusSkoenlapperWolmaransstad4 AugustusMarga van RooyArtritisDeon MeyerLys van bekende Suid-AfrikanersPerdKunsmatige intelligensieArgeologieBosluis🡆 More