Parties, ook bekend as Arsakidiese Pahlavi en Pahlawānīg, is 'n uitgestorwe antieke Noordwes-Irannese taal wat gepraat is in die geskiedkundige Partiese streek – wat die noordoostelike deel van antieke Iran omvat het.
Parties was die staatstaal van die Arsakidiese of Partiese Ryk (248 v.C. - 224 n.C.), sowel as van die takke van die Arsakidiese dinastie van Armenië, Iberië en Kaukasiese Albanië.
Die taal het 'n groot invloed op Armeens gehad, wat 'n groot deel van sy woordeskat verkry het uit leenwoorde uit Parties. Baie antieke Partiese woorde is behou en kom nou slegs in Armeens voor.
Parties kom onder meer voor in:
Hierdie voorbeeld van Partiese literatuur is geneem uit 'n Manigeïstiese teksfragment:
Parties | Afrikaans |
---|---|
Āγad hēm Parwān-Šāh, u-m wāxt ku: Drōd abar tō až yazdān. Šāh wāxt ku: Až ku ay? – Man wāxt ku: Bizišk hēm až Bābel zamīg. [...] ud pad hamāg tanbār hō kanīžag društ būd. Pad wuzurg šādīft ō man wāxt ku: Až ku ay tū, man baγ ud anǰīwag? | Ek het na die Parwan-Shah gegaan en gesê: "Laat die seënwense van die gode op jou wees (in eervolle meervoud)!" Die Shah het toe gevra: "Waarvandaan is jy?" Ek het gesê: "Ek is 'n geneesheer van die land van Babilon." [Vermiste fragment waarin dit wil voorkom of Mani sy merkwaardige genesing van die Shah se diensmaagd beskryf] en in (haar) hele liggaam het die diensmaagd gesond geword ⟨weer⟩. ⟨Die Shah⟩ het in groot vreugde aan my gesê: "Van waar af is jy, my heer en redder?" |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Parties, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.