Archaeopteryx

Archaeopteryx (soms op sy ou Duitse naam, Urvogel, oervoël, genoem) is 'n genus voëlagtige dinosourusse.

Die naam kom van die antieke Griekse ἀρχαῖος (archaīos, "antiek") en πτέρυξ (ptéryx, "veer" of "vlerk"). Tussen die laat 19de en vroeë 21ste eeu is Archaeopteryx algemeen deur paleontoloë en in gewilde verwysingsboeke aanvaar as die oudste bekende voël (lid van die groep Avialae). Ander moontlike lede van Avialae is sedertdien geïdentifiseer, insluitend Anchiornis, Xiaotingia en Aurornis.

Archaeopteryx
Tydperk: Laat Jura, 150.8–148.5 m. jaar gelede
Archaeopteryx
Die Berlynse spesimen van Archaeopteryx.
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Klade: Saurischia
Klade: Theropoda
Klade: Avialae
Familie: Archaeopterygidae
Genus: Archaeopteryx
Meyer, 1861
Tipespesie
Archaeopteryx lithographica
Meyer, 1861
Spesies
  • A. siemensii
    Dames, 1897
  • A. albersdoerferi
    Kundrat et al. 2018
Sinonieme

Oorsig

Archaeopteryx het in die laat Jura, sowat 150 miljoen jaar gelede, voorgekom in wat nou Suid-Duitsland is, in 'n tyd toe Europa 'n argipel eilande in 'n vlak, warm tropiese see was. Dit was baie nader aan die ewenaar geleë as nou. Die diere was omtrent so groot soos die Eurasiese ekster, met die grootste individue moontlik so groot soos 'n raaf van sowat 0,5 m lank. Ondanks hulle klein grootte, breë vlerke en veronderstelde vermoë om te vlieg of sweef, het Archaeopteryx meer in gemeen gehad met ander klein Mesosoïese dinosourusse as met moderne voëls. Hulle het veral die volgende kenmerke gedeel met lede van Dromaeosauridae en Troodontidae: kake met skerp tande, drie vingers met kloue, 'n lang benerige stert, hiperuitstrekbare tweede tone ("moordkloue"), vere (wat ook op warmbloedigheid dui) en verskeie eienskappe van die skelet.

Dié eienskappe maak Archaeopteryx 'n duidelike kandidaat vir 'n oorgangsfossiel tussen nievlieënde dinosourusse en voëls. Dit speel dus 'n belangrike rol nie net in die studie van die oorsprong van voëls nie, maar ook van dinosourusse. Dit is genoem van 'n enkele veer in 1861, waarvan die identiteit omstrede is. In dieselfde jaar is die ontdekking van die eerste volledige spesimen van Archaeopteryx aangekondig. Deur die jare is nog 10 fossiele van Archaeopteryx ontdek. Hoewel daar variasies tussen dié fossiele voorkom, beskou die meeste kenners al die oorblyfels wat ontdek is as behorende tot 'n enkele spesie, maar daar word steeds oor dié feit gedabatteer.

Archaeopteryx is lank beskou as die begin van die evolusiestamboom van voëls. Dit het eienskappe wat aan voëls herinner, soos lang, sterk arms. In onlangse jare het die ontdekking van verskeie klein, geveerde dinosourusse egter vrae vir paleontoloë geskep oor watter diere moderne voëls se voorsate was en watter verwant aan voëls was.

Die meeste van die elf fossiele sluit afdrukke van vlerke in. Omdat die vere van 'n gevorderde stadium was (vlugvere), is die fossiele bewys daarvan dat die evolusie van vere lank voor die laat Jura begin het. Die tipespesie van Archaeopteryx is ontdek net twee jaar ná die publikasie van Charles Darwin se On the Origin of Species. Dit lyk of Archaeopteryx Darwin se teorieë bevestig en dit het sedertdien 'n sleutelbewys geword vir die oorsprong van voëls, asook in die debat oor oorgangsfossiele en die bevestiging van evolusie.

Verwysings

Skakels

  • Archaeopteryx  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cleopatra VIISDaggaHemelvaartKreatiwiteitCarles PuigdemontVlekvrye staalJohannes KerkorrelEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaMutasieMuskietNasionale VrouedagLiefdeVrymesselaryOrale seksHeupKeelseerAarverkalkingBinnelandersDierTuberkuloseBaardskeerder-spinnekopHoenderRichard GaddOppervlakteApostelKolorektale kankerPersoon (taalkunde)HemelvaartsdagDie VaderlandNegrologieGenreRenosterJodeOrthopteraOnomatopeeFamilie (verwantskap)KameelperdRivierGoeie VrydagViëtnamoorlogNiersteenTrappe van vergelykingBloedgroepLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Breyten BreytenbachNomina sacraKramp2024KaapstadEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaStamselNkosi Sikelel' iAfrikaTreinPornhubSerebrospinale vogDroogteIronieBlackie Swart (sanger)Eerste WêreldoorlogAartappelOostenrykAlfabetAardverwarmingJaco JacobsAnne FrankStokely CarmichaelSelfmoordNelson MandelaKoorsblaarGoogleKarlien van JaarsveldJuanita du PlessisSwart nasionalismeProteaVoorsetsel🡆 More