Anna Karenina (Russies: Анна Каренина ) is 'n boek deur die Russiese skrywer Leo Tolstoi wat in 1878 uitgegee is.
Dit word allerweë as een van die beste romans nóg beskou. Die boek vertel die verhaal van 'n getroude vrou, Anna Karenina, wat op 'n jong weermagoffisier verlief raak. Die verhaal is onder andere in 1935, 1948, 1997 en 2012 verfilm.
Anna Karenina | |
---|---|
Oorspronklike titel | Анна Каренина |
Skrywer | Leo Tolstoi |
Vertaler | Constance Garnett (oorspronklik) |
Land | Rusland |
Taal | Russies |
Genre | Realistiese roman |
Uitgewer | The Russian Messenger |
Uitgegee | 1877 |
Medium | Druk (reeks) |
Bladsye | 864 |
ISBN | 978-1-84749-059-9 |
Die roman verskyn van 1873 tot 1877 as 'n opvolgverhaal in die tydskrif Roesski Wjestnik ("Russiese Boodskapper"), totdat Tolstoi rusie met die uitgewer, Michail Katkof, aangaande gebeure in die laatste deel kry. Om dié rede is die volledige werk vir die eerste keer in 1878 in boekvorm gepubliseer.
Anna Karenina word algemeen as 'n hoogtepunt in realistiese fiksie gesien en Tolstoi het dit as sy eerste regte roman beskou. Daar word algemeen aanvaar dat die karakter van Anna op Maria Hartung (1832–1919), die oudste dogter van die Russiese digter Aleksander Poesjkin, gebaseer is. Tolstoi het haar per geleentheid ontmoet, waarna hy Poesjkin se prosa begin lees het en oor haar gefikseer het.
Die boek handel oor Anna, wat getroud is met die ou hoë amptenaar Karenin, maar verlief raak op die jonger graaf Wronski. Parallel hiermee word die verhoudings tussen twee kontrasterende egpare ook beskryf: Lewin (wat moontlik op Tolstoi self gebaseer is) en Kitty ondervind probleme in die eerste periode van hulle huwelik, maar die verhouding is tog suksesvol grootliks te danke aan die pligsbesef van die man. In teenstelling hiermee is Stefan Oblonski en Dolly al jare ongelukkig getroud, maar sy vrou aanvaar die huwelik ter wille van die kinders. Die roman vorm 'n gebalanseerde en afgeronde geheel. Alles bly tot op die laaste bladsye boeiend en geloofwaardig.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Anna Karenina, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.