Anchorage

Anchorage (letterlik: ankerplek) is 'n stad in die Amerikaanse deelstaat Alaska.

Met 'n bevolking van 260 283 (volgens die 2000-sensus) is Anchorage die grootste stad en ekonomiese sentrum van die deelstaat Alaska. 'n Bietjie minder as die helfte van die deelstaat se bevolking woon hier.

Anchorage
Anchorage

Kaart Wapen
Anchorage
Anchorage
Vlag
Anchorage
 Land Anchorage Verenigde State
 Deelstaat Anchorage Alaska
 Koördinate 61°13′N 149°53′W / 61.217°N 149.883°W / 61.217; -149.883 149°53′W / 61.217°N 149.883°W / 61.217; -149.883
 Gestig in 1914/1915
 Geïnkorporeer op 23 November 1920
 Oppervlakte:  
 - Totaal 5 079,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 115 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 282 813
 - Bevolkingsdigtheid 63,4/vk km
 - Metropolitaanse gebied 359 180
 Tydsone UTC -9 | Somertyd: UTC -8
 Burgemeester Dan Sullivan (R)
 Amptelike Webwerf www.muni.org

Anchorage lê in Suid-Sentraal-Alaska, 61 grade noord (omtrent dieselfde as Stockholm en Sint Petersburg). Dit was aanvanklik 'n konstruksiekamp vir die bou van die Alaska Spoorweg. Teen 1920 het dit só gegroei dat dit amptelik as 'n stad geproklameer is. Vandag is die hawestad die middelpunt van die streek se olie- en gasbedryf.

Op 27 Maart 1964 skud 'n hewige aardbewing, wat 9,2 op die Richterskaal gemeet het, die stad. Grootskaalse grondverskuiwings en 'n tsoenami berokken groot skade, en 125 mense verloor hulle lewens in die natuurramp. Die maksimum aantal verdiepings vir nuwe geboue is na die aardbewing tot 21 beperk.

Klimaat

Die gemiddelde daaglikse temperatuur in die somer is 13° tot 23 °C, terwyl die gemiddelde temperature tydens die winter tot -15 °C kan daal. Desondanks geniet die stad 'n milder klimaat as baie gebiede van die kontinentale VSA. 'n Tipiese kenmerk van Anchorage se weer is die onvoorspelbaarheid daarvan.

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansAnchorage  Wiki Commons het meer media in die kategorie Anchorage.
  • (en) Amptelike webwerf
  • (en) "Anchorage". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 April 2021.

Tags:

AlaskaDeelstate van die Verenigde State van AmerikaVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DiskriminasieVaginale kankerVrystaatWitbloedselSuurstofArmoedeverligtingRugbywêreldbeker 2023Natuurlike hulpbronToekoms van die AardeBeesSanskritWitbankOrthopteraCarles PuigdemontTswanaAfvalbestuurVoegwoordMaagsweerBysteekKindersiektesOnderwysAnale seksPseudowetenskapNedersettingSomerGeldeenheidHoofstadGevolge van aardverwarming op oseaneNederlandLetterlike en figuurlike taalgebruikDrakensbergeViëtnamoorlogLys van Afrika-landeSuid-Afrikaanse ReserwebankFotosinteseKameelperdTweede VryheidsoorlogVlekvrye staalKarooWatersuiweringNierversakingHeidelberg, GautengWolfHerpes simplexGasHaasApartheidLeierskapVerenigde State van AmerikaHomoniemHeupDemi Lee MooreArabies-Israeliese konflikTrappe van vergelykingAustraliëKewerKultuurDigvormVerkragtingStedelike hitte-eilandProksemikaOplossing (chemie)Jo BlackSeksualiteitJoodse kalenderDuitse maselsKaapstadKalsiumVratEk is 'n Afrikaan (toespraak)Omtrek, oppervlakte en volumeIntensiewe vormEiffeltoringSpysverteringstelselLatynLionel Messi🡆 More