Amerikaanse Kuswag

Die Amerikaanse Kuswag (Engels: United States Coast Guard, afgekort USCG) is 'n tak van die Amerikaanse Gewapende Magte, en die kleinste van die land se sewe uniformdienste.

Die Kuswag is 'n maritieme, militêre, multi-missiediens uniek onder die Amerikaanse militêre takke omrede die feit dat 'n maritieme wetstoepassingsfunksie (met jurisdiksie in beide plaaslike en internasionale waters) en 'n federale regulerende agentskapsmissie as deel van sy opdragte tel. Dit word bedryf onder die Amerikaanse Departement van Binnelandse Veiligheid ("Department of Homeland Security" (DHS)) tydens vredestyd, maar kan oorgedra word na die VS-Vlootdepartement deur die Amerikaanse President te eniger tyd gedurende oorlog, of deur die Amerikaanse kongres. Tot op datum het dit twee keer gebeur, in 1917 en 1941, tydens die Eerste- en die Tweede Wêreldoorlog.

Amerikaanse Kuswag
Seël van die Amerikaanse Kuswag
Seël van die Amerikaanse Kuswag
Seël van die Amerikaanse Kuswag
Gestig 4 Augustus 1790
Land Verenigde State van Amerika
Onderdeel van Amerikaanse Gewapende Magte
Tipe Kuswag
Vaandel Vaandel van die Amerikaanse Kuswag
Vlag Paradevlag van die Amerikaanse Kuswag
Spesialisasie Kusverdediging, maritieme wetstoepassing
Hoofkwartier Pentagon
Aantal lede Burgerlike werknemers: 8 722
Aktiewe dienspersoneel: 42 190
Gekiese reserwiste: 7 899
Hulpdienste: 32 156
244 snyers
1 850 skepe
204 vliegtuie
Kommandostruktuur Department van Oorlog (1789–1947)
Department van die Leër (1947–hede)
Mars Semper Paratus
Kleur Wit, Kuswag-blou en Kuswag-rooi             
Veldslae Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Amerikaanse Burgeroorlog
Spaans-Amerikaanse Oorlog
Eerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog
Irakse Oorlog
Amerikaanse Kuswag
'n Verskeidenheid uniforms soos gedra deur lede van die Amerikaanse Kuswag.

Dit is die deel van die Amerikaanse gewapende magte wat verantwoordelik is vir maritieme wetstoepassing, soek-en-redding, nasionale verdediging en alle ander kuswagtake. Dit het 'n missie om die publiek, die omgewing en ekonomiese en veiligheidsbelange van die Verenigde State in elke maritieme streek waar sy belange in gevaar kan wees, waaronder internasionale waters en Amerika se kus, hawens en binnelandse waterweë te beskerm.

Die Amerikaanse Kuswag het 'n breë en belangrike rol in wetstoepassing, soek-en-redding, reaksie op maritieme omgewingsbesoedeling en die onderhoud van die navigasiestelsels op riviere en op see. Die Kuswag het meer as 42 000 manne en vroue op aktiewe diens, 8 100 reserviste, 7 000 voltydse burgerlike werknemers plus 35 000 helpers.

Die leuse van die Kuswag is Semper paratus, wat "Altyd Paraat" beteken. Die Kuswag het meegedoen aan alle konflikte van die Verenigde State van Amerika, van die landingstroepe op D-Dag en in die Stille Oseaan tydens die Tweede Wêreldoorlog, tot uitgebreide patrollies en kusbombardemente tydens die Viëtnamoorlog en die Irakoorlog in 2003.

Galery

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Amerikaanse Gewapende MagteEerste WêreldoorlogEngelsTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RobbeneilandHulpwerkwoordGroepsgebiedewetEmfiseemFiela se kindGevolge van aardverwarming op oseaneSeksualiteitLyfstraf in skoleWiskundeSeksposisieJaarGlobaliseringHaasErica BoyerStaatstoelaeAfvalbestuurOopbroninhoudGeletterdheidKunselementeGesondheidRooilipslangSharpeville-slagtingVerkleinwoordWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaMotKunsmatige algemene intelligensieSeksKlopjagSlangHindoeïsmeMaatskaplike verantwoordelikheidVeerAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidIoonAnrich HerbstAdolf HitlerKrieketMiddelmisbruikProvinsies van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Onderhandelinge om apartheid te beëindigLys van Suid-Afrikaanse skrywersNatuurlike hulpbronLewerLys van Afrikaanse skrywersWaterSteenkoolAdolessensieSonnestelselAngssteuringMusieksimboleSekondêre sektor van die ekonomieWillie JoubertCheslin KolbeXenofobieOos-KaapSiekteGeskiedenis van Suid-AfrikaWet op Bantoe-onderwysNG gemeente JansenvilleLys van elemente volgens simboolGeweldWoordeboek van die Afrikaanse TaalMantisEnsiklopedieKasteel die Goeie HoopBorsteGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaMaagsweerBreinKinderregteJohan BadenhorstJakkalsAnilingusGianna MichaelsVenda (taal)🡆 More