Pous Johannes Paulus I

Johannes Paulus I was die 263ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 33 dae, in 1978.

Hiermee is hy 10de op die Lys van kortste pontifikate. Hy staan bekend as die “laggende pous”. Voor sy verkiesing was hy patriarg van Venesië. Hy was die enigste pous wat die agtervoegsel “I” (die eerste) by sy naam gevoeg het.

Pous Johannes Paulus I
Pous Johannes Paulus I
Pous Johannes Paulus I
Geboortenaam Albino Luciani
Pontifikaat begin 26 Augustus 1978
Pontifikaat eindig 28 September 1978
Voorganger Paulus VI
Opvolger Johannes Paulus II
Gebore 17 Oktober 1912
Forno di Canale, Italië
Sterf 28 September 1978
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Johannes Paulus
Geseënde Pous Johannes Paulus I
Gebore 17 Oktober 1912, Forno di Canale, Italië
Sterfte 28 September 1978, Rome, Italië
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Saligverklaring 4 September 2022, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Franciskus
Feesdag 26 Augustus
Attribute Pouslike klere, pallium
Beskermheilige Canale d'Agordo, Bisdom van Vittorio Veneto, Patriargaat van Venesië, Kategete

Biografie

Pous Johannes Paulus I is gebore as Albino Luciani op 17 Oktober 1912 in Forno di Canale, Italië. Hy was die oudste seun van Giovanni Luciani en Bartolomea Tancon. Luciano word priester gewy op 7 Julie 1935 in die San Pietro-kerk in Belluno deur biskop Giosue Cattarossi. Op 23 November 1946 promoveer hy magna cum laude met 'n proefskrif oor die oorsprong van die menslike siel. Op 27 Desember 1958 word hy biskop van Vittorio Veneto en op 3 Februarie 1969 word hy patriarg van Venesië. Hy word kardinaal-priester op 5 Maart 1973 met San Marci in Rome as titelkerk. Op 26 Augustus 1978 volg hy Pous Paulus VI op en regeer tot sy dood op 28 September 1978. Hy word opgevolg deur Pous Johannes Paulus II. Die naam ‘Johannes Paulus’ is 'n saamvoeging van die name van die pous se twee voorgangers.

Kerklike loopbaan

Pontifikaat

Pous Johannes Paulus I 
Johannes Paulus I se graf.

Op 27 Augustus 1978 'n dag na sy verkiesing hou hy 'n toespraak waarin hy verklaar die werk van sy twee voorgangers te wil voortsit. Op 7 September 1978 onderstreep hy die siening in 'n toespraak tot die klerus deur hulle daarop te wys dat hulle verantwoordelik is vir die gelowiges. Hy beskou meditasie as 'n belangrike hulpmiddel in die uitvoering van die pligte van die geestelikheid. By sy kroning het hy afgesien van die gebruik van die tiara en is slegs met die pallium omhul. Pous Johannes Paulus I het slegs vier algemene oudiënsies gegee tydens sy kort bewind. Al vier het in die teken van die kategismus gestaan. Omdat die pous so onverwags gesterf het, was daar na sy dood spekulasie oor die doodsoorsaak. Die Vatikaan het 'n hartaanval aangegee en verdere ondersoeke het nooit iets anders opgelewer nie. Verskeie spekulasie het gesuggereer dat die pous vergiftig is omdat hy skandale van die Vatikaanse Bank sou wou ondersoek.

Die kollege van kardinale

Pous Johannes Paulus I het geen nuwe kardinale aangestel gedurende sy kort pontifikaat nie.

Saligverklarings

Pous Johannes Paulus I het geen persone salig verklaar nie.

Heiligverklarings

Pous Johannes Paulus I het geen persone heilig verklaar nie

Verering

Op 4 September 2022 word Pous Johannes Paulus I salig verklaar deur Pous Franciskus, sy feesdag is 26 Augustus.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Inskrywing in die Saint-Mike Papal Library (Engels).

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Paulus VI
Pous (Pontifex Maximus)
1978 – 1978
Opgevolg deur
Johannes Paulus II


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Pous Johannes Paulus I BiografiePous Johannes Paulus I PontifikaatPous Johannes Paulus I VereringPous Johannes Paulus I BibliografiePous Johannes Paulus I VerwysingsPous Johannes Paulus I Eksterne skakelsPous Johannes Paulus I NotaPous Johannes Paulus I OpvolgingPous Johannes Paulus I1978Lys van kortste pontifikatePousRooms-Katolieke KerkVenesië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MotorvoertuigPlaattektoniekGriekwa-AfrikaansWêreld- Ekonomiese ForumBateDikdermProteïenKatGoudkus (streek)MaatskappyHoofletterTegnologieTaalSwart nasionalismeNatuurrampTelevisieTekstielGrondsoortePersArabiesGoudOos-KaapDansFranse RewolusieVrouBesnydenisRobbeneilandBronadresPerdAfleiding (taalkunde)KhoikhoiBreyten BreytenbachRugbyNiemetaalKolonoskopieLys van Suid-Afrikaanse musikanteGesondheidMotKlavierVoorvoegselAngssteuringPerdebyeHipoteseMaselsAarde se atmosfeerTwaalf Stamme van IsraelPolisieVincent van GoghPoesMenstruasieSilwerNoordwesRooipandaBestaansboerderyTsongaErfenisdag (Suid-Afrika)WoordsoortMurunwa MakwarelaInstagramHomofoonGeskiedenis (vakgebied)Lys van musiekinstrumenteSharpeville-slagtingPriemgetalLionel MessiKlimaatveranderingHerpes simplexPersentasieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidJohannesburgGriepJo BlackAndrew DavisSuid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie🡆 More