Abigail Gawthern

Abigail Anna Gawthern (/æːbɪ'geɪl 'æːnə 'gɒːθɐːn/) (gebore Abigail Anna Frost) (7 Julie 1757 – 7 Januarie 1822) was 'n Britse dagboekskrywer en loodvervaardiger.

Abigail Gawthern
Gebore
Abigail Frost

7 Julie 1757
Waarskynlik in Nottingham
Sterf7 January 1822 (ouderdom 62)
Low Pavement, Nottingham
RusplekSt Mary's Church, Nottingham
NasionaliteitBritse
Bekend virhaar dagboek
EggenootFrancis Gawthern
Kinderstwee oorlewend

Vroeë lewe

Gawthern is waarskynlik in Nottingham gebore. Haar ouers was Ann Frost (gebore Ann Abson) en Thomas Frost; hulle het agt kinders gehad, maar Abigail was die enigste een wat hulle oorleef het. Gawthern is vir 'n paar jaar na 'n kosskool gestuur.

Sy is "Abigail Anna" na haar pa se ma genoem. Dit was gunstig aangesien die Frosts 'n aansienlike erflating van haar ouma se broer Thomas Secker, die aartsbiskop van Kantelberg, moes erf. Nadat Secker gesterf het, is sy testament deur Thomas Frost betwis, en hy het daarin geslaag om die hof te oorreed dat £11 000 wat vir liefdadigheid bedoel was, by 'n bestaande wettige erflating aan sy familie gevoeg moet word.

Abigail Gawthern 
Abigail Gawthern se dagboek vir 1798

Huwelik en dood

Gawthern het in 1783 met haar neef Francis Gawthern getrou. Hulle het vier kinders gehad, maar net twee, Francis en Anna, het oorleef.

In 1791 is Francis Gawthern oorlede. Sy het beheer oor die familie se wit lood-besigheid en sy geld en eiendom oorgeneem. Sy het voortgegaan om in hulle aansienlike huis by 26 Low Pavement in Nottingham te woon. Toe haar ouers in 1801 oorlede is, het sy nog 'n groot erfporsie ontvang. Die besigheid het voortgegaan, en haar seun Francis het die besigheid kortliks gelei totdat dit in 1808 gevou het as gevolg van die ontwikkeling van doeltreffender produksiemetodes.

Op haar straat was die tuis van die vroue-bestuurde "Ladies Assembly" (Afrikaans Damesvergadering), wat oop was vir beide geslagte, maar beperk tot die werkersklas.

Gawthern het in 1822 in haar huis in Nottingham gesterf. Sy is deur haar seun Francis en dogter Anna oorleef. Sy is in St Mary's Church, Nottingham begrawe.

Dagboek

Gawthern word onthou omdat sy in die vroeë 1800's haar dagboeke in 'n enkele bundel gekopieer het wat mettertyd Nottingham se geskiedenis vir die tydperk 1751–1810 sou dokumenteer. Die dagboeke is voorbeeldig van hoe die professionele klasse destyds geleef het.

Sy het van kleins af begin dagboek hou.Haar dagboek was 'n "terugspektiewe kroniek van persoonlike, familie en plaaslike gebeurtenisse" wat volgens die redakteur van die gedrukte weergawe tussen 1808 en 1813 saamgestel is.

Verwysings

Tags:

Abigail Gawthern Vroeë leweAbigail Gawthern Huwelik en doodAbigail Gawthern DagboekAbigail Gawthern VerwysingsAbigail GawthernDagboekInternasionale Fonetiese Alfabet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Deon GrootTuisbladDieremishandelingOmgewingskwessies in Suider-AfrikaNoord-KaapTweede WêreldoorlogPornografiese subgenresKweekhuiseffekRymVerkleurmannetjieKlavierSelfoonKaapse VlakteAnglisismeSokkerWaterpokkiesWeermagDachshundNG gemeente TheunissenKappie (skryfteken)BloeddrukWhatsAppInflasiePesachSuiwelprodukMasturbasieEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSoogdierSikloonHerpes simplexBrongitisSweedsVlieënde HollanderSlag van Cuito CuanavaleStaat PalestinaDesmond TutuBreinKarpaletonnelsindroomSinoniemPirow BekkerAfvalbestuurSkaapInleiding tot die genetikaToestand van materieFrankrykLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaEreksieKewerAnale kankerJodeHoedKamoefleringSleutel (musiek)Vlekvrye staalCheslin KolbeVraag en aanbodVoorvoegselMeningsverskil oor aardverwarmingTussenwerpselFranse RewolusieTrappe van vergelykingPuntSuid-SothoBruin huisslangSkarlakenkoorsLaeveldMantisOmtrek, oppervlakte en volumeDramaGloeilampGoogle MapsHoofpynAfleiding (taalkunde)VulvaKlinkerKarnivoorAntjie KrogKevin RuddNasionale erfenisterreine van Suid-Afrika🡆 More