Zak Hendrikz: Suid-Afrikaanse akteur, toneelregisseur en skrywer

Zak Hendrikz (gebore 8 Julie 1982) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, toneelregisseur en skrywer.

Hendrikz het sy diploma in Musiekteater aan die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie verwerf, met BA Drama 1 aan die Universiteit van Pretoria. Hendrikz het sy debuut in 2009 op televisie gemaak in die SABC2-komediereeks, Askies!, as die skaatsplankryer, Gerhard.

Zak Hendrikz
Geboorte 8 Julie 1982 (1982-07-08) (41 jaar oud)
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Beroep(e) Akteur, skrywer, vervaardiger
Toekennings Naledi-toekenning (2011)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Hy is ook betrokke by die produksie en vervaardiging van verskeie musiekvideo's en produksies, onder andere Equus, Bagasie, White Powder, Onderwêreld, Willem Poprok, Piekniek op die Slagveld, Lien se Langstaanskoene en die produksie Krotoa, wat befonds is deur die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Hendrikz was die regisseur en vervaardiger van die gesinsmusiekblyspel African Adventure, wat vereer is met 'n Naledi-toekenning in 2011.

Hendrikz is die eienaar van die produksiemaatskappy Pit Productions, wat deur middel van teater die jeug op 'n akademiese vlak bereik met die literatuur wat behandel word in hul kurrikulum. Die voorgeskrewe boek of gedig word as 'n teaterproduksie verwerk en opgevoer, wat dit dan visueel-verstaanbaar vir die kinders maak.

Radio

  • Hartebreker; radiovervolgverhaal; vertolk die rol van Zirk Vermeulen. Teks geskryf deur Leon van Nierop.

Film

  • Thys & Trix; vertolk die rol van André Janse van Rensburg (2018)
  • Die Kuur; kort film; vertolk die hoofrol en hanteer die vervaardiging (2017)
  • Langsaan; kort film; vertolk die rol van die man (2017)
  • An Act of Defiance; vertolk die rol van Dave Kitson (2017)
  • Eintlik nogal baie; vertolk die rol van Dewald van der Walt (2016)
  • Alison; Dokumentêre film; vertolk die rol van ʼn oortreder (2016)
  • Tremors 5: Bloodlines; video; vertolk die rol van Riley (2015)
  • Ballade vir 'n enkeling; vertolk die rol van Gavin Greeff (2015)
  • Spiertier; vertolk die rol van Tiger
  • Bakgat! tot die mag 3; vertolk die rol van Frik (2013)
  • Mr. Bones; vertolk die rol van die sebra

Televisie

  • Die Byl; Seisoen 2; vertolk die rol van Gert Minny
  • Elke Skewe Pot; vertolk die rol van Simon (2018)
  • Shadow; vertolk die rol van Havoc (2019)
  • Bedford Wives; vertolk die rol van James (2017)
  • My Perfect Family; vertolk die rol van Franz (2016)
  • Binnelanders; vertolk die rol van Eben (2016–2018)
  • Z’bondiwe; vertolk die rol van Alexj
  • Donkerland; vertolk die rol van ʼn Britse offisier (2013)
  • Sterlopers; vertolk die rol van Kevin de Vill (2014)
  • Askies!, vertolk die rol van Gerhard (2009)

Teater

  • The Rocky Horror Show; vertolk die rol van Eddie
  • Rock of Ages; vertolk die rol van Lonny
  • Aspoestertjie; vertolk die rol van Prins Regardt (2019)
  • Into the Woods; vertolk die rol van Prince Charming en die Wolf
  • African Gothic; vertolk die rol van Frikkie
  • My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou; vertolk die rol van Arno Schaap
  • Puss in Boots; vertolk die rol van Tristram Marzipan
  • Sing Jy van Blomme; vertolk die rol van Kruit
  • Little Shop of Horrors; vertolk die rol van Orion
  • Liefling; vertolk die rol van Kobus Marais
  • Reik na die Sterre: Die Musical; vertolk die rol van Kallie
  • Starlight Express; vertolk die rol van Flat Top
  • Droomkind; vertolk die rol van Simon
  • I Have Life – Alison’s Journey; vertolk verskeie rolle
  • Footloose; vertolk die rol van Chuck
  • Drif; vertolk die rol van Maestro
  • Ballade van 'n Banggat; vertolk verskeie rolle
  • Grease; vertolk verskeie rolle
  • Snow White & Peter Pan Pantomimes Pondicherry the Frog; vertolk verskeie rolle
  • Mysterious Skin; vertolk die rol van Brain Lackey
  • Hair; vertolk die rol van Woof
  • Rocky Horror Show; vertolk die rol van Riff Raff
  • Lien se Langstaan Skoene; vertolk verskeie rolle
  • Into the Light; vertolk verskeie rolle
  • Daliances; vertolk die rol van Ken
  • The Greatest African Love Story; vertolk verskeie rolle
  • Zita; vertolk die rol van Waldo
  • SpongeBob SquarePants; vertolk die rol van Mr. Krabbs
  • Houtkruis; vertolk verskeie rolle
  • The Boor; vertolk die rol van Grigory Smirnov
  • That Man Van; vertolk die rol van Van Den Merwe
  • Joseph and his Amazing Technicolor Dreamcoat; vertolk die rol van Benjamin

Toekennings

  • Naledi-nominasie: Beste teaterstuk vir jong gehore, vir Hoopvol (2017)
  • Naledi-nominasie: Beste ondersteunende rol in 'n Musiekblyspel, vir Little Shop of Horrors (2016)
  • Fleur du Cap-nominasie: Beste ondersteunende rol in 'n Musiekblyspel, vir Little Shop of Horrors (2016)
  • Naledi-nominasie: Beste Uitvoering in 'n ondersteunende rol, vir I Have Life – Alison’s Journey (2015)
  • Broadway Suid-Afrika: Beste ondersteunende rol in 'n Musiekblyspel, vir Little Shop of Horrors (2015)
  • Naledi-toekenning: Beste Musiekblyspel vir kinders, vir African Adventure Family Musical (2011).

Bronnelys

Verwysings

Tags:

Zak Hendrikz RadioZak Hendrikz Film[1]Zak Hendrikz Televisie[1]Zak Hendrikz Teater[1]Zak Hendrikz Toekennings[1]Zak Hendrikz BronnelysZak Hendrikz VerwysingsZak Hendrikz198220098 JulieAkteurSABC2Tshwane-Universiteit vir Tegnologie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SlawernyKoperBybelLys van Suid-Afrikaanse musikanteWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaPaasfeesSeksualiteitHemelvaartHulpwerkwoordDepressie (gemoedstoestand)DokterKaapstadse waterkrisis 2015-2018United Democratic FrontXenofobie in Suid-AfrikaBysteekMenseregtedagWerkersdagBorsKaapstadKankerAnneli van RooyenWitbloedselFinale OplossingSwart nasionalismeOnderhandelinge om apartheid te beëindigKoos du PlessisBakterieDolfynLys van chemiese elemente volgens atoomgetalNasionalismeTelevisieKarakteriseringHoofletterMeningsverskil oor aardverwarmingVerkoueGalileo GalileiAfrikaanse woordelys en spelreëlsVolstruisTennisInstagramAdolessensieJansenvilleMetafoorSinkNamibwoestyn633Wiki CommonsHolocaustAB de VilliersTswanaJagluiperdWes-KaapIdioomWet op NaturellengrondOmtrek, oppervlakte en volumeJan-Willem BreureWetenskaplike klassifikasieWhatsAppOseaanVulkaanPolisieTafelsoutConsolidated B-24 LiberatorSuurstofWiskundige terminologieKunselementeMateriaalWisselkoersRookgewoonteKlavierHannes van WykAlkoholismeMenslike seksuele gedragSirkus🡆 More