Wisselvorm

'n Wisselvorm is 'n alternatiewe vorm of variant van 'n woord wat anders gespel word, maar steeds korrek is.

Die een kan dus die ander vervang sonder om die betekenis te verander. As voorbeeld: "skryf" en "skrywe" is wisselvorme.

In geskrewe kommunikasie word voorkeur aan die kortste vorm gegee. Met ander woorde, "skryf" eerder as "skrywe". Voorkeur behoort ook aan eg Afrikaanse spelwyses gegee te word, m.a.w. gebruik eerder "Sjinees" as "Chinees"; ook eerder "Wiking" as "Viking". In 'n bepaalde dokument moet verkieslik konsekwent by slegs een wisselvorm gehou word.

Voorbeelde

Enkele voorbeelde van wisselvorme:

  • "ander" / "andere"
  • "aspirien" / "aspirine"
  • "bestraffing" / "bestrawwing"
  • "bylae" (mv. bylaes) / "bylaag" (mv. bylae)
  • "diabeet" / "diabetikus"
  • "indiwidu" (*) / "individu"
  • "laboratoria" / "laboratoriums"
  • "Meksiko" (*) / "Mexiko"
  • "privaat" / "private"
  • "proteïne" (mv. proteïnes) / "proteïen" (mv. proteïene)
  • "restaurant" / "restourant"
  • "Sjinees" (*) / "Chinees"
  • "skryf" / "skrywe"
  • "vergaderinge" / "vergaderings"
  • "vitamine" (mv. vitamines) / "vitamien" (mv. vitamiene)
  • "Wikings" (*) / "Vikings"

(* = Afrikaanse spelwyse)

Uitsonderings

Die volgende woorde is nie wisselvorme nie, omrede hulle verskillende woordsoorte is:

  • marine (S.nw.) / mariene (B.nw.)
  • stereotipe (S.nw.) / stereotiepe (B.nw.)

Verdere naleeswerk

Tags:

Woord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sias ReineckeSwart nasionalismeStadVraag en aanbodVaste stofPesachPlantSkilpadSuikersiekteHoofletterMondMoedersdagKlankGreen PornoRooipandaLys van nedersettings in Suid-AfrikaTolla van der MerwePubliekStedelike hitte-eilandAntisemitismeTswanaKoos BekkerOntwerpMetafoorTelevisieGroot TrekElektrodeKongo-krisisWitrenosterErfenisLys van kinderspeletjiesNic de JagerZoeloePrimêre sektor van die ekonomieAnale seksDie ontstaan van die dramaBreyten BreytenbachDuitsMagnetismeDeelwoordEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaMenslike seksuele gedragHector PietersonMuskeljaatkatBloemfonteinPenisKinderregteAnrich HerbstVolhoubaarheidAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidDoopDubbelpuntKewerSean CombsYsbeerLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaOligopolieWolfProteaBloedvergiftigingVeerShakaLübeckLongontstekingGevolge van aardverwarming op oseanePlaattektoniekEkonomiese sektorLeenwoordNedersettingKatEnsiklopedie🡆 More