Wasserbillig (Luxemburgs: Waasserbëlleg) is 'n dorp in die Groothertogdom Luxemburg by die samevloeiing van die riviere Sauer en Moesel met sowat 2 300 inwoners.
Wasserbillig Waasserbëlleg | |
---|---|
Dorp | |
Uitsig oor Wasserbillig | |
Koördinate: 49°42′47″N 6°29′53″O / 49.71306°N 6.49806°O 6°29′53″O / 49.71306°N 6.49806°O | |
Land | Luxemburg |
Distrik | Gréiwemaacher |
Kanton | Gréiwemaacher |
Gemeng | Mäertert |
Hoogte | 130 m (427 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 2 354 |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Poskode | L-6601 |
Webwerf | www.mertert.lu |
Die huidige dorp gaan terug op 'n Romeinse nedersetting met die naam Biliacum.
Wasserbillig is met 'n hoogte van 130 meter bo seevlak die laagste punt van Luxemburg. Die dorp lê naby die Duitse grens, teenoor Wasserbilligerbrück oorkant die Sauer- en Oberbillig oorkant die Moeselrivier. Wasserbillig is die administratiewe setel van die munisipaliteit Mertert, wat deel uitmaak van die kanton Grevenmacher.
Danksy sy ligging naby die Duitse grens is Wasserbillig 'n besige dorp, wat onder meer op die grenshandel steun. Weens die laer belasting in Luxemburg speel die sogenaamde petroltoerisme 'n belangrike rol, aangesien baie Duitsers hier hulle petrol tenk. Langs die pad tussen Wasserbillig en Mertert is veertien petrolstasies opgerig, en ook die voormalige grenspos by die federale snelweg 64 is tot 'n petrolstasie omgebou. ExxonMobile se grootste petrolstasie lê langs die snelweg A1, wat Luxemburg met Duitsland verbind.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wasserbillig, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.