Vroegste Bekende Lewensvorme

Die vroegste bekende lewensvorme op aarde is veronderstelde gefossileerde mikroörganismes wat in neerslae van hidrotermiese splete ontdek is.

Die vroegste tyd waarop lewensvorme op aarde kon verskyn het, is minstens 3,77 miljard jaar gelede, moontlik so vroeg as 4,28 miljard of selfs 4,5 miljard jaar gelede – nie lank nadat oseane ontstaan het of die aarde 4,54 miljard jaar gelede gevorm het nie. Die vroegste "direkte" bewyse van lewe op aarde is die fossiele van mikroörganismes wat in 3,465 miljoen jaar oue Australiese rotse aangetref word.

Vroegste Bekende Lewensvorme
Bewyse van moontlik die ouste lewensvorme op aarde is ontdek in neerslae van hidrotermiese splete.

Biosfeer

Die aarde is tans die enigste plek in die heelal waar sover bekend lewe voorkom. Die aarde se biosfeer strek tot minstens 19 km onder die aarde se oppervlak, en tot minstens 76 km op in die atmosfeer, en sluit grond, hidrotermiese splete en rotse in. Verder is bevind die biosfeer strek tot 800 m onder die ys van Antarktika en sluit die diepste dele van die oseane in, tot rotse kilometers onder die seebodem. Onder sekere toetstoestande is bevind lewensvorme kan in die vakuum van die buitenste ruimte oorleef.

Die totale massa van die biosfeer word geraam op tot 4 biljoen (4 x 1012) ton koolstof. Volgens een navorser kan ’n mens mikrobes oral aantref – "hulle is uiters aanpasbaar by toestande en oorleef waar ’n mens ook al is".

Van al die spesies lewenvorme wat al op aarde bestaan het, het meer as 5 miljard, of meer as 99%, na raming uitgesterf. Sommige ramings van die huidige aantal spesies op aarde wissel van 10 miljoen tot 14 miljoen, waarvan sowat 1,2 miljoen aangeteken is en meer as 86 persent onbeskryf is. ’n Wetenskaplike verslag van Mei 2016 raam egter dat daar tans ’n biljoen (1012) spesies op aarde is, waarvan net ’n duisendste van ’n persent beskryf is.

Daarbenewens is daar ’n geraamde 10 kwintiljoen (10 x 1030) individuele virusse (insluitende die verwante virions) op aarde; dit is die biologiese entiteit wat die volopste is, en sommige bioloë beskou hulle as lewensvorme. Daar is meer individuele virusse as al die geraamde sterre in die heelal; en hulle is waarskynlik weer meer as die sandkorrels op al die aarde se strande. Dit is bekend dat sowat 200 virussoorte siektes in mense veroorsaak. Ander moontlike virusagtige vorme, sommige siekteverwekkend, wat ’n kleiner kans het om as lewend beskou te word en baie kleiner en moontlik primitiewer as virusse is, sluit in viroïede, virusoïede en prions.

Wetenskaplikes van Nasa bestudeer vroegste bekende lewensvorme op aarde.

Vroegste lewensvorme

Die aarde is sowat 4,54 miljard jaar oud; die vroegste onbetwisbare bewys van lewe op aarde is van 3,5 miljard jaar gelede. Daar is bewys dat lewe reeds 4,5 miljoen jaar gelede kon begin het.

Vroegste Bekende Lewensvorme 
Archaea, prokariotiese mikrobes, is die eerste keer ontdek in ekstreme omgewings soos hidrotermiese splete.

’n Verslag van Desember 2017 berig 3,465 miljard jaar oue rotse in Australië het eens mikroörganismes bevat; dit is die eerste "direkte" bewys van lewe op aarde. ’n Publikasie van 2013 het die ontdekking aangekondig van mikrobiesemat-fossiele in 3,48 miljoen jaar oue sandsteen in Wes-Australië. Bewyse van biogenetiese grafiet, en moontlik stromatoliete, is ontdek in 3,7 miljard jaar oue rotse in Suidwes-Groenland en is in 2014 in die tydskrif Nature aangekondig. Moontlike "oorblyfsels van lewe" is in 4,1 miljard jaar oue rotse in Wes-Australië ontdek en in 2015 beskryf.

Vroegste Bekende Lewensvorme 
Volgens die teorie van panspermia het lewe op aarde dalk gekom van biologiese materiaal wat deur ruimtestof of meteoriete hierheen gebring is.

In ’n studie van 2016 is tot die gevolgtrekking gekom dat die mees onlangse universele gemeenskaplike voorsaat 3,5 miljard tot 3,8 miljard jaar gelede in diepsese hidrotermiese splete kon voorgekom het. In Maart 2017 is aangekondig dat gefossileerde mikroörganismes in neerslae van hidrotemiese splete in ’n antieke seebodem in die Nuvvuagittuq-gordel van Quebec, Kanada, ontdek is. Dit kan tot 4,28 miljard oud wees en sal die vroegste bewys van lewe op aarde wees – dit beteken lewe het ontstaan feitlik onmiddellik ná die vorming van oseane 4,41 miljard jaar gelede. Sommige navorsers meen selfs lewe kon byna 4,5 miljoen jaar gelede begin het. Die bioloog Stephen Blair Hedges meen: "As lewe relatief vinnig op aarde begin het . . . kan dit algemeen in die heelal wees."

Wat lewe op land betref, het wetenskaplikes in 2019 die ontdekking van ’n gefossileerde fungus met die naam Ourasphaira giraldae in Noord-Kanada aangekondig; Dit kon volgens hulle ’n miljard jaar gelede op land gegroei het, lank voordat plante op land voorgekom het. In Julie 2018 het wetenskaplikes aangekondig die vroegste lewe op land kon bakterieë van 3,22 miljard jaar gelede gewees het. In Mei 2017 is bewyse van mikrobiese lewe op land dalk gevind in 3,48 miljard jaar oue druipsteen in die Pilbara-kraton van Wes-Australië.

In Januarie 2018 is in ’n studie bevind 4,5 miljard jaar oue meteoriete wat op aarde ontdek is, het vloeibare water bevat, asook prebiotiese komplekse organiese stowwe wat bestanddele vir lewe kan wees.

Galery

Verwysings

Skakels

  • Vroegste Bekende Lewensvorme  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vroegste Bekende Lewensvorme BiosfeerVroegste Bekende Lewensvorme Vroegste lewensvormeVroegste Bekende Lewensvorme GaleryVroegste Bekende Lewensvorme VerwysingsVroegste Bekende Lewensvorme SkakelsVroegste Bekende LewensvormeAardeFossielLeweMikroörganismeNeerslagOseaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Angolese Oorlog vir OnafhanklikheidPerdebyeBestuiwingMagneetTelevisieLeenwoordKnieBruto binnelandse produkBloedvergiftigingKatjieGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaVratVrystaatJoodse kalenderDermpoliepGrondwet van Suid-AfrikaAarverkalkingVaginaKwaZulu-NatalStaalDikdermTelkomBosluisbytkoorsOos-KaapLieweheersbesieHeuningbyTussenwerpselSeksualiteitRymMondLys van slangeVerenigde State van AmerikaSuid-SothoLongPropagandaUnited Democratic FrontPubliekMorfeemInfeksieNierversakingBernice WestPersentasieDuitse maselsWaterpokkiesKoos du PlessisAndrew DavisRassismeVoedselkettingWetenskaplike klassifikasieGewone breukeElektrodeVersamelnaamBloemfonteinSkarlakenkoorsKoperKunsmatige intelligensieOranjerivierAngssteuringPornografieKinkhoesLys van Kaapstad se voorstedeD.J. OppermanKrimpvarkieKameelperdHartByung-Chul HanEugenetikaElon MuskTransatlantiese slawehandelAfro-AmerikanersDiskriminasieWoestynKurt-Lee ArendseFotoLidwoordEksponent🡆 More