Vlag Van Tadjikistan: Vlag

Die nasionale vlag van Tadjikistan is op 24 November 1992 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in rooi, wit en groen met ’n kroon en sterreboog met sewe sterre in goud in die middel.

Vlag van Tadjikistan
Vlag van Tadjikistan
Vlag van Tadjikistan
Bynaam Парчами (Tadjiks)
پرچم تاجیکستان (Persies)
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 24 November 1992
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in rooi, wit en groen met ’n kroon en sterreboog in goud in die middel.

Simboliek

Die middelste wit baan is ’n anderhalf keer so hoog soos die rooi en groen bane. Die rooi stel die eenheid van die volk voor, die groen stel die vrugbare valleie voor en die wit stel die sneeu en ys van die berge en die kleur van katoen voor.

Die kroon en sterre is in ’n reghoek geplaas wat 80% van die hoogte van die wit baan beslaan. Die kroon stel die Tadjikse volk voor aangesien die naam Tadjik in die volksetimologie met die Persiese tâj (wat kroon beteken) verbind word.

Geskiedenis

In die tyd van die Sowjetunie het die Tadjikistan SSR die vlag van die Sowjetunie gebruik wit en groen horisontale bane, die nasionale kleure, in die onderste helfte van die vlag. Tadjikistan was op 20 Maart 1953 die laaste van die 15 Sowjetrepublieke om hierdie nuwe vorm van vlae van die Sowjet-Republiek aan te neem. Voorheen het die vlae van die Sowjetrepublieke slegs die naam van die republiek onder die hamer en sekel vertoon.

In die proses om onafhanklikheid te verkry, is ’n nuwe nasionale vlag, in navolging van ander opvolgerstate van die Sowjetunie, aangeneem. Tussen 1991 en 1992 is slegs die kommunistiese simbole, die hamer en sekel verwyder.

Vorige vlae

Ander vlae

Die standaard van die President van Tadjikistan is in 2006 bekendgestel ter geleentheid van die inwydingseremonie van Emomali Rahmon se derde termyn as staatshoof. Die gebruik dieselfde driekleur as die nasionale vlag maar het ’n afbeelding van die Derafsh Kāviāni, die Sassanidiese koninklike standaard, met ’n gevleuelde leeu op ’n blou agtergrond daarbinne onder ’n kleiner voorstelling van die kroon en sterreboog.

Soortgelyke vlae

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Tadjikistan SimboliekVlag Van Tadjikistan GeskiedenisVlag Van Tadjikistan Soortgelyke vlaeVlag Van Tadjikistan VerwysingsVlag Van Tadjikistan Eksterne skakelsVlag Van Tadjikistan199224 NovemberTadjikistan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Maatskaplike verantwoordelikheidHeupLionel PetersonKweekhuiseffekMagnetismeStruktuur van die AardeLaeveldKnysnaSelfvertroueSuid-Afrikaanse randRugbyOutismePeriodieke tabelLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)DiarreeXhosasEkologiePoësiePankreasRooms-Katolieke KerkOseanografieHartaanvalKoerantWaterAfrikanersEwenaarSoweto-opstandBoelieryWhatsAppSowjetunieBateAssonansieRomeinse RykCarike KeuzenkampWetenskapLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHibernasieLandbouMobutu Sese SekoKlimaatveranderingWes-KaapKlimaatsverandering in AfrikaTikTokBotswanaChemiese elementTremAkroniemDonkieWoordsoortPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWinterWapen van Suid-AfrikaSleutel (musiek)Woordeboek van die Afrikaanse TaalOopbroninhoudDinosourusOlimpiese SpeleVormMetaalGedigVraag en aanbodKernoorlogInleiding tot die genetikaAngssteuringAngina pectorisAngolaEkonomie van Suid-AfrikaPiesangMandalaLimfvatstelselThys die BosveldklongCremonaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureHematurieSokker🡆 More