Volk Tadjiks

Die Tadjiks (Dari: تاجيک, Tājīk; Tadjiks: Тоҷик), ook Tadjikse Perse genoem, is 'n Irannese etniese groep inheems aan Tadjikistan, Afghanistan en Oesbekistan.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tadjiks.

Hulle vorm die titulêre nasie van Tadjikistan, waar hulle sowat 90% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Tadjiks, 'n Irannese taal, as moedertaal. Die Tadjiks vorm naas die Oesbeke die tweede grootste etniese groep in Sentraal-Asië. Ander benamings sluit in Fārsī ("Perse"), Fārsīwān ("Persies-sprekers") en Dīhgān (letterlik "boer" of "gevestigde dorpenaar").

Tadjiks
Volk Tadjiks
Portrete van Tadjiks in Afghanistan
Totale bevolking: ca. 16–20 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Afghanistan Afghanistan 9,5–11,5 miljoen

Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 6,8 miljoen
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 1,4 of 8–11 miljoen
Vlag van Pakistan Pakistan 220 000
Vlag van Rusland Rusland 201 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 52 000
Vlag van Kirgisië Kirgisië 47 500
Vlag van Kanada Kanada 15 870
Vlag van Oekraïne Oekraïne 4 255

Taal: Tadjiks
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Islam
Histories Zoroastrisme en Boeddhisme
Verwante etniese groepe: Ander Irannese volke soos Beloetsje, Hasara, Jesiede, Koerde, Ossetiërs, Pasjtoene en Perse
Volk Tadjiks
Die Samaniede-ryk (819–999) word as die eerste Tadjikse staat beskou
Volk Tadjiks
Nedersettingsgebied van Tadjiks in Sentraal-Asië

Tadjiks vorm naas Pasjtoene (42%) die tweede grootste etniese groep in Afghanistan (27%) asook naas Oesbeke (80%) en Russe (5,5%) die derde grootste etniese groep in Oesbekistan (5%). Naas Tadjiks leef nog 'n minderheid van omtrent 1 miljoen Oesbeke (14%) in Tadjikistan. Tadjikse minderhede leef in lande soos Pakistan (220 000) en Rusland (201 000).

Wêreldwyd leef tussen 16 en 20 miljoen Tadjiks, waarvan tussen 9,5 en 11,6 miljoen in Afghanistan, 6,8 miljoen in Tadjikistan en 1,4 miljoen in Oesbekistan. In die Volksrepubliek China behoort die Tadjiks tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander etniese groepe soos Oeigoere, Oesbeke, Kasakke en Kirgisiërs.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AfghanistanDariEtniese groepIrannese taleIrannese volkeMoedertaalNasieOesbekeOesbekistanPersePersiesSentraal-AsiëTadjikistanTadjiks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VrouDesimale breukeHartMeningsverskil oor aardverwarmingHeupResensieKunsmatige intelligensieNarsismeProvinsies van Suid-AfrikaWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaNatuurrampSlangPriemgetalErfenisAspoestertjieNoord-KaapLys van Afrikaanse skrywersKoolstofdioksiedKoos du PlessisMieliestronkAfrikaansHemelBesemVulkaanHemelvaartVierkantswortelRassisme in AfrikaKommunismeDokterUniegebouLys van Griekse mitologiese figureVolstruisGoudkus (streek)KaartApartheidVergelykings (taalkunde)Olimpiese Somerspele 2024Seksuele penetrasieFranse RewolusieGesonde dieetVolhoubaarheidFamilie (verwantskap)Lionel PetersonDikdermDundermMIVHeuningbyPrimêre sektor van die ekonomieGeldTrappe van vergelyking23 AprilMetaalKaapse florarykDarwinismeN.P. van Wyk LouwC. Louis LeipoldtNierDigvormNasionalismeVingerseksSomerChemiese elementVoortrekkersStaalOos-KaapLSuiwelprodukPersentasieWekkerKunsmatige algemene intelligensieMcDonald'sSuid-Afrikaanse randAntoniemOopbroninhoud🡆 More