Vlag Van Paraguay

Die nasionale vlag van Paraguay is op 27 November 1842 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die wapenskild in die middel van die wit baan. Die vlag van Paraguay is die enigste nasionale vlag met verskillende embleme op die voor- en agterkante: die voorkant van die vlag toon die nasionale wapen en die agterkant die seël van die tesourie. Dit is in 2013 ten einde van ’n ontwerp nader aan die oorspronklike s’n hersien. Die vlag het ’n verhouding van 11:20.

Vlag van Paraguay
Vlag van Paraguay
Vlag van Paraguay
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Vlag het verskillende ontwerpe aan voor- en agterkant
Verhouding 3:5
Goedgekeur 27 November 1842
Ontwerp Drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die wapenskild in die middel van die wit baan.
Wisselvormvlag van Paraguay
Wisselvormvlag van Paraguay
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Agterkant van die vlag
Verhouding 3:5
Goedgekeur 31 Oktober 1851
Ontwerp Drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die seël van die tesourie in die middel van die wit baan.

Simboliek

Vlag Van Paraguay 
Die nasionale vlag van Paraguay by ’n skool in die Departamento Misiones

Die vlag is in 1842 amptelik in gebruik geneem (as gevolg van die Recomendación, i. e. : address, de la Junta gubernativa de Asunción), elke kant van hierdie driekleurvlag bestaan uit ’n horisontale driekleur met rooi, wit en blou met die nasionale wapen gesentreer op die wit baan. Die embleem op die agterkant is die nasionale wapen van Paraguay: ’n geel vyfpuntige ster omring deur ’n groen palmkrans en olyftakke vasgebind met linte in die kleur van die bane, en bedek met die woorde REPÚBLICA DEL PARAGUAY ("Republiek Paraguay" in Spaans), alles binne twee konsentriese sirkels).

Die kleure van die vlag is glo geïnspireer deur dié van die vlag van Frankryk om onafhanklikheid en vryheid te vertoon, en die wapen verteenwoordig die onafhanklikheid van Paraguay. Die embleem op die agterkant is die seël van die tesourie: ’n geel leeu onder ’n rooi Frigiese mus op die top van ’n paal (wat dapperheid simboliseer) en die woorde Paz y Justicia ("Vrede en Geregtigheid"). Die verskille van die voor- en agterkante dateer uit die tydperk toe José de Francia aan die bewind was (1814–1840). Op 15 Julie 2013 is die vlag hersien. Die wapen is vereenvoudig en die ontwerp is nader aan sy oorspronklike vorm gebring.

Kleure

Die kleurskema word hieronder gelys:

Vlag Van Paraguay  Rooi Wit Blou
RGB 213-43-30 255-255-255 0-56-168
Heksadesimaal #d52b1eff #FFFFFF #0038a8ff
CMYK 0, 80, 86, 16 0, 0, 0, 0 100, 67, 0, 34

Ander vlae

Soortgelyke vlae

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Paraguay SimboliekVlag Van Paraguay KleureVlag Van Paraguay Ander vlaeVlag Van Paraguay VerwysingsVlag Van Paraguay Eksterne skakelsVlag Van Paraguay184227 NovemberParaguay

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Groot GatTrigeminale neuralgieBerilliumSiya KolisiPussy RiotEkonomiese sektorKindermishandelingPoesSuider-AfrikaGroot vyfSuid-EuropaBesproeiingLys van Griekse mitologiese figureMusiekDistrik SesVerkleurmannetjieRenosterLys van Joodse feeste en herdenkingsGewone breukeVersoeningsdagAfrikaanse woordelys en spelreëlsRymKoerantWoordeboek van die Afrikaanse TaalDemi Lee MooreMisdaadWikimedia-stigtingSirkelMagneetCristiano RonaldoVaginaByung-Chul HanVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameVratBoerboelSeksuele opwekkingVormPrimêre sektor van die ekonomieKommunismeIngenieursweseBaljuKevin RuddSendelingposisieProteïenFotosinteseStollingsgesteenteNatriumHerfsHartSlangC.J. LangenhovenAntieke EgipteHoofpynKaartMonopolieKasteel die Goeie HoopOrale seksNelson MandelaGroepsdrukMangelontsteking7de LaanBevolkingAntisemitismeSteenkoolSosiale mediaLys van Afrikaanse skrywersSonja HerholdtDermpoliepMielieHaasSokkerFiela se kindRooms-Katolieke KerkDikdermUniondaleApartheid🡆 More