'n Vallei of 'n dal is 'n uitgestrekte laagte, insinking of verdieping in die landskap tussen berge, heuwels of hoogvlaktes.
'n Dal word soms ook wel 'n vallei genoem, byvoorbeeld in die geval van die Gelderse Vallei in Nederland.
Die meeste valleie ontstaan deur erosie, deur 'n beek of 'n rivier veroorsaak, maar gletsers en bewegings in die aardkors kan ook 'n bydrae lewer in die ontstaan van 'n dal. Op basis van die ontstaansgeskiedenis word 'n U-daal en V-daal onderskei. U-dale is uitgeslete deur gletsers en V-dale deur rivierlope. Valleie kom meestal voor in gebiede met hoë berge, soos byvoorbeeld in Oostenryk, Switserland en Noorweë, waar dit duidelik onderskeibaar is. Daar word die hellings aan weerskante van die dal deur die berge gevorm. 'n Dal kontrasteer hier met die omliggende berge.
Vanweë beter toeganklikheid is ál die stede en die meeste dorpe in bergagtige streke in die dal gelee. Valleie het bowendien dikwels 'n vrugbare bodem, aangesien water die dal instroom. Die ligging in die dal is ook beskut teen wind en koue en die temperatuur is daar oor die algemeen hoër as in die berge rondom.
'n Kloof, ook 'n ravyn of canyon genoem, is 'n deur erosie diep uitgeslete rivierloop met steil rotswande. Weens die steil rotswande is die bodem van 'n kloof meestal ontoeganklik.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vallei, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.