Ng Gemeente Worcester-Vallei

Die NG gemeente Worcester-Vallei is ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die dorp Worcester.

Ng Gemeente Worcester-Vallei
Die NG kerk Worcester-Vallei.
Ng Gemeente Worcester-Vallei
Ds. J.M.N. Breedt, van 1957 tot 1962 Worcester-Vallei se tweede leraar.

Ná die stigting van die eerste dogtergemeente van die NG gemeente Worcester op die dorp, naamlik Worcester-Oos in 1950, het die volgende plaaslike afstigting reeds in 1951 aan die beurt gekom. In November 1950 het die kerkraad van die moedergemeente besluit om die stigting van ’n nuwe gemeente aan die westekant van die dorp aan te beveel. Op die dorp sou Napierstraat die grens wees en die plaaswyke ten weste van Worcester sou binne die nuwe gemeente val. Die nodige stappe vir afstigting is gedien.

Op 3 September 1951 het die ringskommissie die stigting van die nuwe gemeente met die naam Worcester-Vallei amptelik aangekondig. Ongelukkig het enkele gesinne beswaargemaak en selfs die kerk verlaat. Ds. N.E. Nel van die moedergemeente was die konsulent van die nuwe gemeente en het daarin geslaag om die meeste ontevredenes tot beter insigte te bring. Die stadsraad het die jong gemeente gehelp deur grond baie billik beskikbaar te stel.

Nadat die tweede beroep geslaag het, kon die gemeente op 14 Maart 1952 hul eerste leraar in die persoon van ds. D.C.G. Fourie verwelkom. Hy het die hoeksteen van die kerkgebou op 6 Februarie 1954 gelê.

Enkele predikante

  • Dirk Cornelis Grobler Fourie, 1952 – 1957
  • Johannes Marthinus Nicolaas Breedt, 1957 – 1962

Worcester se NG gemeentes

Die syfers onder elke jaartal dui op die getal belydende lidmate wat in daardie jaar in die NG Kerk se Jaarboek weergegee word; dié syfer word gewoonlik 'n jaar of twee voor die tyd ingestuur na die samestellers van die Jaarboek. In sommige gevalle is dit reeds enkele jare oud wanneer dit verskyn.

Gemeente 1960 1973 1979 1985 1990 1995 2000 2005 2010 2015 2016
Worcester 2 595 2 791 2 758 2 087 2 041 1 952 1 514 1 461 1 484 945 919
Worcester-Audenberg 600 977 1 064 1 045 1 194 1 095 1 182 1 055 1 055
Worcester-Brandwag 571 670 688 815 829 839 755 755
Worcester-De la Bat 101 114 115 134 198 252 252
Worcester-Noord 1 559 1 224 1 487 1 550 1 688 1 648 1 570 1 535 1 535 1 429 1 429
Worcester-Oos 1 080 903 797 895 888 860 807 869 860 742 712
Worcester-Vallei 880 2 097 1 285 1 218 1 281 1 147 1 236 1 074 1 214 1 141 1 141
Totaal 6 114 7 015 6 927 7 267 7 733 7 454 7 251 6 997 7 312 6 319 6 263

Bron

Tags:

Nederduitse Gereformeerde KerkWorcester

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PlastiekHokkieVigsSigaretVerenigde KoninkrykRamsar-vleilande in Suid-AfrikaTekstielSiya KolisiMartin Luther King jr.Menslike penisgrootteOrgasmeStres in hoërskoolNagapieRugbyWaterHennie MaasHemelvaartsdagSkoolKweekhuiseffekSharpeville-slagtingKlimaatsverandering in AfrikaPaarl GimnasiumOnomatopeeBonné de BodJudaïsmeVrymesselaryPampoentjiesInligtingstegnologiePesachProvinsies van Suid-AfrikaSwaweldioksiedTranspirasieSelfoonDierPlantAngina pectorisVrouKhoikhoiWêreld- Ekonomiese ForumLourensrivierChristendomLandbou in Suid-AfrikaRepubliek van Zoid AfrikaBruin menseUniegebouPeriodieke tabelFinansiële staatVaginale kankerOvulasieAfrikaanse woordelys en spelreëlsMenseregtedagGawes van die Heilige GeesTrekarbeidFranse RewolusieRugby, WarwickshireEpilepsieMenseregteAarde se atmosfeerPsigopatieSelfstandige naamwoordSpelerposisies in rugbyBesoedelingInternetMusieksimboleNierSoweto-opstandHannes van WykGqeberhaSarel Jacob PretoriusNasionale VrouemonumentMieliestronk🡆 More