U Thant

U Thant (Birmaans: သန့်; ; 1909–1974) was 'n Birmaanse diplomaat.

Hy was van 1961 tot 1971 die derde sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.

U Thant
သန့်
U Thant
U Thant in 1963

3de Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies
Ampstermyn
30 November 1961 – 31 Desember 1971
Voorafgegaan deur Dag Hammarskjöld
Opgevolg deur Kurt Waldheim

Persoonlike besonderhede
Gebore (1909-01-22)22 Januarie 1909
Pantanaw, Brits-Birma, Brits-Indië (nou Pantanaw, Mianmar)
Sterf 25 November 1974 (op 65)
New York Stad, Verenigde State
Eggenoot/-note Daw Thein Tin (oorlede in 1989)
Kind(ers) Maung Bo, Tin Maung Thant, Aye Aye Thant
Religie Theravada-Boeddhisme
Handtekening U Thant

Lewensloop

U Thant 
U Thant in 1927
U Thant 
U Thant se graf, Shwedagon Pagoda-weg, Yangon

U Thant is op 22 Januarie 1909 in Pantanaw, Birma (nou Mianmar) gebore. Hy is aan die National High School in Pantanaw en die University College in Rangoen (tans Yangon) opgelei. Voor sy funksie as sekretaris-generaal was hy 'n diplomaat, onderwyser en vryskutjoernalis.

Ná die destydse sekretaris-generaal, Dag Hammarskjöld, se dood in 'n vliegongeluk, is U Thant op 30 November 1961 tot die amp verkies. Beide die Verenigde State en die Sowjetunie was ontevrede met Hammarskjöld se onafhanklike optrede, en het U Thant se verkiesing as 'n bewuste keuse vir 'n swakker sekretaris-generaal gesien.

In sy tyd word die posisie van die VN in die internasionale politiek toenemend gemarginaliseer. U Thant gee toe aan Egipte se versoek om VN-troepe (wat 'n buffer tussen Egipte en Israel gevorm het) terug te trek. As gevolg hiervan val die Egiptiese leër Sinai in. Dit het die VN se geloofwaardigheid ernstig aangetas. Die VN het ook nouliks 'n rol in die eskalerende konflik in Indo-China gespeel.

Hy is op 25 November 1974 in New York Stad aan longkanker oorlede. Sy liggaam is na Rangoen teruggevlieg, waar dit sonder seremonie of eerbetoon begrawe sou word. Duisende daag egter by sy begrafnis op, en studente kaap sy kis voordat hy ter ruste gelê kon word. Die studente het hom toe op die voormalige terrein van die Rangoon Universiteit se Studente Unie, wat in 1962 deur die land se president met dinamiet opgeblaas is, ter ruste gelê en 'n mausoleum vir hom gebou. Soldate bestorm die betogende studente op 11 Desember en neem die kis terug, waarna dit aan die voet van die Shwedagon Pagoda-tempel begrawe is.

Eksterne skakels

Tags:

BirmaansMianmarVerenigde Nasies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AngssteuringSwemSeksualiteitOogproblemeTropiese sikloonMantisSwitserlandKlimaatsverandering in AfrikaGrondbesoedelingVoedselkettingAsiëAfrikaanse TaalmonumentBorskankerDepressie (gemoedstoestand)SmaakMenseregtedagSowjetunieWalvisOranjerivierPad na jou hartHokkie19de eeuWillie JoubertHeks van HexrivierMag (sosiale wetenskappe)GeweldInligtingLys van veltoestandeSonja HerholdtSuid-EuropaHeidelberg, GautengDroogteMagneetEwenaarJosef StalinDriedimensioneelSoweto-opstandGrondsoorteNatuurbewaringWerkersdagAlkoholismeGemeenskapsorganisasieLys van Kaapstad se voorstedeLeierSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeCristiano RonaldoKoorsDemi Lee MooreMobutu Sese SekoRuan PienaarElandréStam (taalkunde)LeeuAkuutSelfvertroueInflasieAtleetvoetWapen van Suid-AfrikaHoedGrondwetOopbroninhoudPussy RiotBosluisbytkoorsNasionale lied van Suid-AfrikaNeurenberg-verhoreKoolstofKunselementeKunsmatige algemene intelligensieAkademiaBrandmondsindroomKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKolonoskopieBruto binnelandse produkJan-Willem BreureWoestynKommunismePankreasKomma🡆 More