Kleurindeks

Die kleurindeks in sterrekunde is ’n eenvoudige numeriese uitdrukking wat die kleur van ’n voorwerp aandui, en in die geval van ’n ster sy temperatuur.

’n Voorbeeld van kleurindekse
Sterklas B-V U-B Temp. (K)
O5V -0,33 -1,19 42 000
B0V -0,30 -1,08 30 000
A0V -0,02 -0,02 9 790
F0V 0,30 0,03 7 300
G0V 0,58 0,06 5 940
K0V 0,81 0,45 5 150
M0V 1,40 1,22 3 840

Hoe kleiner die kleurindeks, hoe blouer (en dus warmer) is die voorwerp. Hoe groter die kleurindeks, hoe rooier (en kouer) is die voorwerp. Dit is ’n gevolg van die logaritmiese magnitudeskaal, waarvolgens helderder voorwerpe kleiner (meer negatiewe) magnitudes as dowwe voorwerpe het.

Om die indeks te meet, word die magnitude van ’n voorwerp deur twee verskillende filters waargeneem, soos U en B, of B en V. U is sensitief vir ultravioletlig, B vir blou lig en V vir sigbare (groen-geel) lig. Die stel filters word ’n fotometriese stelsel genoem. Die verskil in magnitudes wat met die filters gemeet word, word onderskeidelik die U-B- en die B-V-kleurindeks genoem. Laasgenoemde word dikwels in sterkatalogusse aangegee.

Voorbeelde

Die gelerige Son het ’n B-V-indeks van 0,656 en die wit ster Deneb s’n is 0,09, terwyl die blouerige Rigel ’n B-V van -0,03 het (sy B-magnitude is 0,09 en sy V-magnitude 0,12; B – V = -0,03).

Verwysings

Tags:

BlouRooiSterSterrekundeTemperatuur

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SwangerskapBetonBestaansboerderyDierKevin RuddSlag van Cuito CuanavalePaasfeesElektroniese of digitale mediaVarkgriepDie GelofteJan-Willem BreureSeksposisieDokterVioolZack du PlessisEnkelvoudige sinKoppeltekenSjimpanseeWolkKommunikasieBruto binnelandse produkSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Menslike seksuele gedragWes-KaapWiki CommonsMagnetismeNasionale lied van Suid-AfrikaPerdHeelgetalJaco JacobsTsongaKoerantVerantwoordelikheidTienie HollowayLangste woordBedryfstelsel (inligtingstegnologie)PornhubMaagHipoteseXhosaLimfvatstelselHaaieNelson MandelaNG gemeente TheunissenRuslandDiskriminasieRekeningkundeOseanografieMaatskappyWoordsoortWaterkringloopCristiano RonaldoPseudowetenskapJeuksiekteOrthopteraHartversaking24 AprilJapanEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaBosvarkKalsiumRenaissanceLika BerningWetenskaplike klassifikasieDriedimensioneelKarakteriseringLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsBorsteBysteekTelwoordArmoedeToerismeGesondheidWerkwoordRooibloedselJagluiperdAlliterasieVryheidsmanifes🡆 More