Die Treurrivier-ghieliemientjie (Barbus treurensis) is 'n varswatervis wat in die bolope van die Blyderivier, Mpumalanga voorkom.
Dit het ook voorheen in die Treur- en Sabieriviere voorgekom. In Engels staan die vis bekend as die Treur river barb.
Treurrivier-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. treurensis |
Binomiale naam | |
Barbus treurensis Groenewald, 1958 |
Die vis is deuskynend olyfbruin aan die bokant en silwer aan die onderkant. Daar is 'n donker, horisontale band op die agterste helfte van die vis se lyf tot by die stertvin. Daar is twee pare baarde om die mond. Die vis word tot 95 mm lank.
Die vis leef in rotspoele in helder, koue strome. Hulle vreet insekte wat in strome voorkom. Broeityd is in die vroeë somer; dan ontwikkel beide geslagte tuberkels op hulle koppe. Die vis leef saam met die Natalse bergbaber. Die spesie is bedreigd verklaar en die reënboogforel teiken graag die vis. Die spesie is suksesvol hervestig in 'n tweede stroom.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Treurrivier-ghieliemientjie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.