Jean Baptiste Frédéric Isidor (Toots), Baron Thielemans (Brussel, 29 April 1922 – Terhulpen, 22 Augustus 2016) was 'n Belgiese jazz-musikant, komponis en kitaarspeler wat sy virtuositeit bereik het op die mondfluitjie.
Sy bynaam Toots is afgelei van die twee musikante Toots Mondello en Toots Caramata.
Toots Thielemans | |
---|---|
Toots Thielemans in 2006 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Jean-Baptiste Frédéric Isidor, Baron Thielemans |
Gebore | Brussel, België | 29 April 1922
Sterf | 22 Augustus 2016 (op 94) |
Genres | Jazz |
Beroep(e) | Musikant, komponis, mondfluitjiespeler |
Instrumente | Kromatiese Mondfluitjie, kitaar |
Jare aktief | 1949–2014 (afgetree) |
Assosiasies | Quincy Jones, Stevie Wonder, Kenny Werner, Pat Metheny |
Webwerf | tootsthielemans.com |
Thielemans is in die Brusselse werkersklasbuurt Marollen gebore. Hy het reeds vanaf sy derde jaar trekklavier gespeel. Op 17-jarige ouderdom ontdek hy die mondfluitjie waarna hy ook kitaar begin speel het. Thielemans het tydens die Duitse besetting versot geraak op jazz.
In 1951 het hy as kitaarspeler deel uitgemaak van die Belgiese sanger Bobbejaan Schoepen se musikale begeleiding. In 1952 emigreer hy na die Verenigde State, waar hy in die orkes van Charlie Parker en die kwintet van George Shearing gespeel het. Hy het saamgewerk met Benny Goodman, Peggy Lee, Ella Fitzgerald, Quincy Jones, Bill Evans, Jaco Pastorius, Elis Regina, Pat Metheny, Billy Joel en Paul Simon en word algemeen erken as een van die grootste jazz-musikante.
In 1991 lewer hy 'n aansienlike bydrae tot die eerste soloalbum van die Nederlandse sangeres Laura Fygi, Introducing.
Sy bekendste komposisie is Bluesette van 1962, waarin hy harmoniseer met mondfluitjie en kitaar. Dié liedjie word dikwels deur ander musikante verwerk en uitgevoer wat hom ook finansieel uithelp.
Sy unieke mondfluitjiespel het ook 'n belangrike rol in die rolprente Midnight Cowboy (1969), Turks fruit (1973) en die Sweedse animasiefilm Dunderklumpen! (1974) gespeel. Hy het ook die temaliedjies vir die Nederlandse polisiereeks Baantjer en die Vlaamse Witse gekomponeer en gespeel.
Wiki Commons bevat media in verband met Toots Thielemans. |
Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Nederlandse Wiki. Sien bron.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Toots Thielemans, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.