Tintenpalast

Die Tintenpalast in Windhoek is die setel van die Nasionale Vergadering of parlement van Namibië.

Die Nasionale Raad van Namibië het in 2002 'n nuwe administratiewe blok oos van die historiese gebou betrek.

Tintenpalast
Die Tintenpalast in Windhoek
Tintenpalast
Die Tintenpalast in Windhoek met die parlementstuin in die voorgrond

Bougeskiedenis

Die gebou, wat in Windhoek-Sentraal aan die bokant van Robert Mugabe-laan geleë is, is deur die argitek Gottlieb Redecker as administrawiewe setel van die owerheid in Duits-Suidwes-Afrika ontwerp en in 1912–1913 deur die boumaatskappy Sander & Kock uit plaaslike materiaal gebou. Dit is op 1 November 1913 amptelik ingewy.

Die Tintenpalast word as 'n tipiese voorbeeld van Duitse koloniale boukuns beskou. Die gebou het sy spottende Duitse bynaam (letterlik "inkpaleis") verwerf vanweë die amptenare wat daar gesetel was en hul beweerde hoë inkverbruik. Die paleis word deur 'n uitgestrekte tuin - die sogenaamde "Parlementstuin" - omring wat by die plaaslike bevolking as ontspanplek gewild geraak het.

Tuin

Die boubedrywighede vir die tuin, wat volgens planne van George Kerby en Karl Zirkler ontstaan het, het in 1931 begin. In 1934 is olyfbome aangeplant wat intussen verwyder is. Vandag is die tuin 'n groen long te midde van Namibië se besige hoofstad.

Fotogalery

Verwysings

  • Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Tintenpalast

Bronliteratuur

17°5′21″O / 22.56639°S 17.08917°O / -22.56639; 17.08917

Tags:

Tintenpalast BougeskiedenisTintenpalast TuinTintenpalast FotogaleryTintenpalast VerwysingsTintenpalastNamibiëWindhoek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cheslin KolbePornografieSaartjie BaartmanWet op Bantoe-onderwysKommunikasieSwangerskapKunselementeKoorsVeelvoudige sinKultuurMorfeemWitrenosterEweknienetwerkInfeksiePlastiekVolstruisBrandbergGoudkus (streek)Klem-in-die-kaakArabiesGeskiedenis (vakgebied)Finale OplossingSeksueel oordraagbare infeksieProvinsies van Suid-AfrikaWayde van NiekerkVennootskapAardedagGrondHandré PollardKoos BekkerPerdReënspinnekopRugbyTussenwerpselKunsmatige intelligensieNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMenseregteWerkersdagHoofpynKatoenMagnesiumTransatlantiese slawehandelDuitsVerkleinwoordJan-Willem BreureMaagLys van Kaapstad se voorstedeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaEugenetikaPampoentjiesSteenkool in Suid-AfrikaHokkieTrappe van vergelykingIronieAppel (sanger)Herpes simplexWillie JoubertC.J. LangenhovenMaagsweerMaroela MediaFranse RewolusieSlag van Cuito CuanavaleNamibiëHulpwerkwoordSkarlakenkoorsSelfoonBrongitisKoue OorlogTaalCarike KeuzenkampOlimpiese Somerspele 2012DroogteWetenskaplike klassifikasieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSlangSpreeu🡆 More