The Kiffness: Suid-Afrikaanse musikant

The Kiffness (gebore David Scott) is 'n Suid-Afrikaanse musikant, vervaardiger en parodiekunstenaar.

Hy is ook die stigter en voorsanger van die gelyknamige musiekgroep.

The Kiffness
GeboortenaamDavid Scott
GeboreKaapstad, Suid-Afrika
GenresElektronies, parodie
Beroep(e)Musikant
Jare aktief2013–nou

Vroeë lewe en loopbaan

Scott was in 2004 lid van die KwaZulu-Natal-jeugkoor. Hy gaan skool by Michaelhouse en studeer geneeskunde aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy staak sy studies aan die Universiteit van die Witwatersrand om musiek en filosofie aan Rhodes-universiteit te studeer terwyl hy as 'n platejoggie werk en in 'n jazz-groep speel. In 2013 stel hy sy eerste enkelspeler, "Where are you going?" (Engels, "waarheen gaan jy?") met Matthew Gold vry; hierdie enkelspeler behaal die 5FM-top-40. Hul album Kiff word vir die 21ste Suid-Afrikaanse musiektoekennings in 2015 en weer in 2017 benoem. Hy dra gewoonlik tydens optredes 'n spesiaal gemaakte blommekostuum wat hy in Hoi An, Viëtnam van materiaal laat maak het wat hy en sy vrou uitgekies het omdat dit soos sy ouma se gordyne lyk.

Scott skep satiriese liedjies wat meestal oor Suid-Afrikaanse politiek handel. In 2017 reik hy 'n liedjie genaamd "White privilege" (Engels, "wit bevoorregting") uit in 'n poging om sosiale bewussyn onder wit Suid-Afrikaners aan te moedig. In 2018 verfilm hy 'n video vir sy Afrikaanse liedjie "Pragtig meisie" met 'n foto van die Afrikanernasionalistiese sanger Steve Hofmeyr se gesig op 'n opblaaspop.

In 2019 verbied Scott die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) daarvan om sy musiek uit te saai toe dit aan die lig kom dat die SAUK nie kunstenaars betaal nie. Scott het beweer dat die SAUK hom R60 000 skuld. In daardieselfde jaar het hy 'n sololoopbaan begin volg. In 2020 het hy die volkslied van Suid-Afrika in 'n liedjie genaamd "Nkosazan' Dlamini Trafficker" (Engels, "Nkosazana Dlamini-handelaar") geparodieer in 'n kritiek op minister Nkosazana Dlamini-Zuma se verbod op die handel in sigarette in Suid-Afrika tydens die Covid-19-afsonderingstydperk. Die burgemeester van Ekurhuleni, Mzwandile Masina, het Scott vir sy gebruik van die volsklied gekritiseer en dit as rassisties bestempel. Scott en Masina het die kwessie later oor die telefoon bespreek en Scott het sy liedjie as satire verdedig. Scott het ook ander parodieliedjies oor die afsonderingstydperk geskryf en het 'n parodie van "Jerusalema" geskep wat gemik was op die leier van die Economic Freedom Fighters (Engels, "ekonomiese vryheidsvegters", "EFF"), Julius Malema, nadat EFF-aktiviste Clicks-winkels aangeval het oor 'n sjampoe-advertensie wat hulle as rassisties beskou het.

Laat in 2020 werk hy saam met die Turkse musikant Bilal Göregen in hul skepping van 'n remix van Göregen se weergawe van "Ievan polkka" (Fins, "Ieva se polka") wat viraal op YouTube gegaan het. In 2021 skep hy 'n liedjie wat Miriam Makeba se "The click song" (Engels, "die kliekliedjie") parodieer om mense te help om die nuwe name van Port Elizabeth, King William's Town en Maclear uit te spreek nadat die Suid-Afrikaanse regering dit verander het.

Verwysings

Tags:

Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SinoniemSkoolBloeddrukDeelwoordBloedsomloopstelselAfrikaProstaatkankerMierWaterstofLongRosa ParksGrootste rampe in Suid-AfrikaPoësieElandréKewerOseaanbesoedelingNedersettingLandbouRacheltjie de BeerBeesvleisVoegwoordSeksuele penetrasieSpringbokErfenisKonsentrasiekampSenuweeStokely CarmichaelLys van politieke partye in Suid-AfrikaBasisinkomsteGroot TrekNasionale VrouedagOranjerivierGordelroosGevolge van aardverwarming op oseaneWatersuiweringMetafoorWaterkringloopGamelanBywoordNasiebouGroot Muur van ChinaVerdampingAardrykskundeMenstruasieKonflik (proses)Omgewingskwessies in Suider-AfrikaMateriaalWortelBTWTikTokEiffeltoringHoutEngelsWetenskapLys van nedersettings in Suid-AfrikaNag van die lang messeVergelykings (taalkunde)Soweto-opstandSitroensuurVlag van Suid-AfrikaMeningsverskil oor aardverwarmingBlack SashOorstromingWinterSokkerTuberkuloseGawes van die Heilige GeesGrondMeganiese ingenieursweseBreinvliesontstekingEjakulasieGrondwetRooikatGalblaasParoniem🡆 More