Virale Bemarking

Virale bemarking en virale advertensie verwys na bemarkingstegnieke wat voorafbestaande sosiale netwerke gebruik om die handelsmerkerkenning te verhoog of om ander bemarkingsdoelwitte (soos produkverkope) te verwesenlik deur selfverspreidende prosesse te gebruik, soortgelyk aan die verspreiding van virusse en rekenaarvirusse.

Dit kan bestaan uit mondelingse oorvertellinge, of aangevuur word deur die netwerkvermoëns van die internet. Virale bemarking is 'n bemarkingsverskynsel waar mense aangemoedig word om 'n bemarkingsboodskap vrywilliglik aan te stuur. Virale promosies kan die vorm aanneem van videoknipsels, interaktiewe speletjies, elektroniese boeke, handelsmerksagteware, beelde of selfs teksboodskappe. Die basiese vorm van virale bemarking is nie oneindig volhoubaar nie.

Daar word beweer dat 'n tevrede kliënt gemiddeld drie mense van 'n produk of diens vertel waarvan hy/sy hou en elf mense van 'n produk of diens vertel waarvan hy/sy nie hou nie. Virale bemarking steun sterk op die natuurlike gedrag van mense.

Die doel van bemarkers wat belangstel in die skep van virale bemarkingsprogramme is om indiwidue te identifiseer met hoë sosiale netwerkpotensiaal en skep dan virale boodskappe wat byval vind by hierdie segment van die bevolking waar dit 'n hoë waarskynlikheid het om aangestuur te word.

Verwysings

Tags:

BemarkingHandelsmerkRekenaarvirusVirus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SwamLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSpecial Air ServiceMiddeloorontstekingNatuurrampMoslemMaselsDoziKernoorlogKweekhuisgasBlaarKaartMierleeuEierstokLandbou-ingenieurswesedgbsjEmfiseemOmanKangogrotteGroot DepressieBywoordVlekvrye staalDataverwerkingVenda (taal)ByAuschwitz-konsentrasiekampLys van medisinale kruieMieliestronkNarsistiese persoonlikheidsteuringBuffelDemokrasieOngeprosesseerde kosMaatskaplike verantwoordelikheidHoërskool Sentraal, BloemfonteinErebus (berg)BrugLenteLitiumVrymesselaryProteaRob HersovPoësieByvoeglike naamwoordPeperbus, FraserburgBeurtkragEnsiklopedieBrongitisAlliterasieAngina pectorisKrimpvarkieKankerSeksismePolitieke partyJeugdagSeekoeiBosluisbytkoorsSlangLys van Griekse mitologiese figureKommunikasieJaco JacobsKragopwekkingBergMagnetismeAgtergrond (narratief)MiskruierGeboorteHindoeïsmeMarco PoloAkademiaFabelInternetJan van HunksBestuiwingNetbalTegnologie🡆 More