Andreas Kaplan (gebore 5 Oktober 1977) is rektor by ESCP Business School in Berlyn.
Voorheen het hy opgetree as die skool se Dekaan vir Akademiese Sake en voor dit was hy die Direkteur van Handelsmerk en Kommunikasie, beide as deel van ESCP se uitvoerende komitee. Kaplan is Professor van Bemarking en het gespesialiseer op die gebiede van sosiale media, virale bemarking en die digitale wêreld in die algemeen.
Kaplan is gebore op 5 Oktober 1977 en het grootgeword in München, Duitsland. Sy moeder is Anneliese Kaplan (kleremaakster) en sy vader Vincenc Kaplan (slotmaker). Professor Kaplan het 'n meestersgraad in Publieke Administrasie van die École Nationale d'Administration (ENA), 'n MSc van ESCP en 'n BSc van die Ludwig Maximilian Universiteit in Munich. Hy het sy Habilitasie voltooi by die Sorbonne en sy Ph.D. by die Universiteit van Cologne in samewerking met HEC Parys. Kaplan was besoekende Ph.D. by INSEAD en het deelgeneem aan die Internasionale Onderswysersprogram by die Kellogg School of Management, Noordwes-Universiteit. Voordat hy aangesluit het by ESCP, het Kaplan sy loopbaan begin as bemarkingsprofessor by die ESSEC Business School and Sciences Po Paris. By uitstek geïnteresseerd in die toekoms van bestuursopleiding in Europa en die algemene besigheidskool landskap, het Kaplan verder artikels geskryf wat die Europese bestuur sowel as hoër onderwys en hul toekomstige evolusie behandel, vernaamlik met die digitalisering van die sektor weens die koms van Gratis Oop Aanlynkursusse (MOOCs) en Kort Privaat Aanlynkursusse (SPOCs). Deur Europa te definieer dat dit “maksimum kulturele diversiteit hou op minimale geografiese afstande“, is Kaplan 'n sterk voorstander van kruiskulturele bestuursopvoeding.
Kaplan se navorsing handel hoofsaaklik oor die analise en dekodering van die digitale sfeer. Met meer as 30 000 aanhalings op Google Scholar, is Professor Kaplan getel onder die Top 50 Besigheids- en Bestuursouteurs in die wêreld volgens John Wiley & Sons. Kaplan het die jaarlikse Beste Artikel-toekenning ontvang van Business Horizons, geborg deur Elsevier, vir sy 2012 artikel "As jy iets liefhet, laat dit beweeg: Mobiele bemarking en mobiele sosiale media 4x4 (If you love something, let it go mobile: Mobile marketing and mobile social media 4x4)". Vernaamlik sy 2010 artikel "Gebruikers van die wêreld, verenig! Die uitdagings en geleenthede van sosiale media (Users of the world, unite! The challenges and opportunities of social media)", gepubliseer in Business Horizons, word wyd aangehaal (meer as 20 000 keer op Google Scholar, meer as 5000 keer in Scopus en meer as 500 keer in Business Source Premier) en bekend in die veld. Hierdie kreatiewe artikel "Gebruikers van die Wêreld, Verenig! (Users of the World, Unite!)" het herhaaldelik die eerste plek behaal in Science Direct se jaarlikse lys van die 25 publikasies wat die meeste afgelaai is regoor al 24 kernvakke wat in Science Direct gedek word, dit wissel van Bestuur tot Ingenieurswese, Sielkunde, of Neurowetenskap en is dus meer dikwels afgelaai as enige ander van die ongeveer 13.4 miljoen dokumente in die versameling. Meer onlangse navorsing handel oor die invloed van die digitale sfeer op hoër onderwys, soos die koms van Gratis Oop Aanlynkursusse (MOOCs) en Kort Privaat Aanlynkursusse (SPOCs), asook die toekoms van hoër onderwys oor die algemeen en vernaamlik besigheidskole.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Andreas Kaplan, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.