Vernon Koekemoer: Internet meem

Vernon Koekemoer (gebore Cassie Booyse in 1956) het in 2008 oornag internetroem verwerf toe iemand hom by 'n musiekfees afgeneem het, hom Vernon Koekemoer gedoop het en die foto daarna 'n meem op die internet geword het.

Hy was eers 'n liggaamsbouer en met sy unieke sin vir mode sowel as 'n mullet-haarstyl, het hy aandag getrek. Duisende mense het die beroemde foto in ander foto’s ingelas en op die internet geplaas. Hy het so bekend geword dat hy in advertensies verskyn het, waaronder een vir Nando's saam met die Amerikaanse akteur Chuck Norris. Toe hy in 2008 bekend geword het was hy 'n tegniese skrywer wat vir die Suid-Afrikaanse Weermag gewerk het.

Kontroversie

Sy bekendheid is ook beskryf as 'n tekenende voorbeeld van virale bemarking en die impak van die internet op die moderne kultuur. Volgens Booyse het dit alles begin toe hy by 'n bemarkingspartytjie vir 'n produk opgedaag het en 'n vrou hom genader het en 'n foto geneem het van hom met sy nou bekende vreemde drag en haarstyl.

Bryan Theunissen en Damian Armstrong beweer hulle is verantwoordelik vir die Vernon Koekemoer verskynsel. Koerante uit die Independent groep het blykbaar berig dat Theunissen, wat in die advertensie- en bemarkingswese werksaam is, Booyse herdoop het en sy foto as 'n eksperiment op die internet geplaas het. Armstrong is na berig word die persoon verantwoordelik vir die Facebook groep Make Vernon Koekemoer famous. Presies hoe die menere met die dame wat deur Booyse genoem word verbind word, is onduidelik. Van die maatskappye wat Booyse in hul bemarking gebruik het, ontken hul betrokkenheid by sy skielike bekendheid maar daar bestaan vermoedens dat daar dalk wel 'n advertensie-agentskap agter die verskynsel skuil. Ander beweer egter dat na die omstrede virale bemarkingstruuk vir die vierde idols seisoen dat groot maatskappye waarskynlik nie weer by so iets betrokke sal raak nie.

Verwysings

Bronne

Tags:

Chuck NorrisInternetMeemNando'sSuid-Afrikaanse Weermag

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeekoeiVloeistofAnale seksDawidVingerseksVratReënspinnekopWaterkringloopRocco SiffrediWitkruisarendArmoedeWikimedia-stigtingLikkewaanHarry PotterVlag van Suid-AfrikaHartseerKanadaAgtervoegselSelfiePierre GaslyPrimêre sektor van die ekonomieLeonardo da VinciPoes2024VideoByeboerderyWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaMenslike skeletSekondêre sektor van die ekonomieWitrenosterBesoedelingCSSOogproblemeVraag en aanbodLeah van NiekerkAnrich HerbstVoëlElandréFotosinteseSelfoonDeon MeyerWaterGeslagVerkouePiet ByleveldBySteenkool in Suid-AfrikaLeierHannes van WykDikdermWekkerNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyHeuningbySuid-Afrikaanse WeermagMiddelmisbruikMobutu Sese SekoKaaps-Hollandse stylSuid-AfrikaKeelseerSlag van BloedrivierWet op NaturellengrondBeeldspraakLys van ingelyfde NG gemeentesVolstruisPinksterOnse VaderAppel (sanger)Enkelvoudige sinRolprentChemiese elementGroep van SeweDroomAnglo-BoereoorlogEjakulasieHartaanvalPersoon (taalkunde)🡆 More