Jerusalema

Jerusalema is 'n liedjie deur die Suid-Afrikaanse platejoggie en -vervaardiger Master KG met die Suid-Afrikaanse sangeres Nomcebo.

Dit is 'n opgewekte house-liedjie met gospel-invloede en is op 29 November 2019 vrygestel nadat dit positiewe aanlynkritiek ontvang het. 'n Musiekvideo volg op 21 Desember 2019.

"Jerusalema"
Enkelspeler deur Master KG met Nomcebo
vanaf die album Jerusalema
Vrygestel29 November 2019 (2019-11-29)
Opgeneem2019
Genre
  • Gospel-house
  • disco
  • dance
Tydsduur
  • 5:42 (albumweergawe)
  • 3:08 (radioweergawe)
Etiket
Liedskrywer(s)
  • Kgaogelo Moagi
  • Nomcebo Zikode
Vervaardiger(s)Master KG
Master KG-chronologie
"Remember"
(2019)
"Jerusalema"
(2019)
"My Love"
(2020)
Nomcebo-enkelspelerschronologie
"Imizamo Yami"
(2019)
"Jerusalema"
(2020)
"Kobanini"
(2020)
Burna Boy-enkelspelerschronologie
"Own It (Remix)"
(2020)
"Jerusalema (Remix)"
(2020)
"Wonderful"
(2020)
Musiekvideo
"Jerusalema" op YouTube

Dit word later by Master KG se tweede album met dieselfde naam ingesluit, wat in Januarie 2020 vrygestel is. Dit is op 10 Julie 2020 op stromingdienste vrygestel nadat dit teen die middel van 2020 viraal gegaan het as gevolg van die #JerusalemaChallenge. 'n Hermeng met Nigeriese sanger Burna Boy is op 19 Junie 2020 vrygestel en het die Billboard-trefferlyste gehaal.

Dit bereik nommer-een in België, Roemenië en Switserland en behaal die top-10 in verskeie ander Europese lande. 'n Tweede hermeng met Venezolaanse sanger Micro TDH en Kolombiese sangeres Greeicy is op 17 September 2020 vrygestel.

Agtergrond

Die liedjie sonder Nomcebo se stem is op 11 Augustus 2019 opgeneem en op sosiale media geplaas, waar dit positiewe reaksies van aanhangers ontvang het. 'n Weergawe met Nomcebo se stem is in Oktober op YouTube gelaai en op 29 November amptelik vrygestel. Dit het binne een week meer as 1 miljoen kyke ontvang. Die amptelike musiekvideo is op 21 Desember 2019 vrygestel. Nadat die liedjie viraal gegaan het, is dit op 10 Julie deur Elektra France en Warner France op stromingdienste vrygestel.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rugby, WarwickshireVolhoubare ontwikkelingDataverwerkingNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaAt BothaDesmond TutuIgtiologieWatersuiweringSelSiya KolisiWerkersdagKrugerwildtuinTrevor NoahMierleeuWoordsoortDermpoliepSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024KlavierOmgewingskwessies in Suider-AfrikaBoelieryGrootste rampe in Suid-AfrikaSlag van BloedrivierGevolge van aardverwarming op oseaneBaarmoederChristendomGenadedoodBesoedelingSikloonCheslin KolbeRuan PienaarKomplementêre kleureOlifantReddingskakeMelaatsheidIngenieursweseToekoms van die AardeBlaaskankerJanie du PlessisHemelvaartsdagEskomWikiquoteTrekarbeidArabiesGrondbesoedelingKoringFranklin D. RooseveltPornhubVersamelnaamAssonansieTweede WêreldoorlogAfrikaanse TaalmonumentDoelwitDieregeluideEkonomieMenseregtedagPols-oksimeterBeaufortskaalVaste stofInternetGroepsgebiedewetOnderwerp (taalkunde)VarkgriepDigvormWieg van die MensdomLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaArmoedeverligtingAfrikaanse taalleerMensPapegaaieSkildklierSuid-Afrikaanse randBonné de BodWaterkringloopYstervark🡆 More