Die Suidelike Driehoek (Latyn: Triangulum Australe) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim.
Net soos die Driehoek in die noordelike hemelruim kom sy naam van die drie helderste sterre wat ’n driehoek vorm. Dit is in die 16de eeu geskep.
Suidelike Driehoek | ||||
Latynse naam | Triangulum Australe | |||
Genitief | Trianguli Australis | |||
Afkorting | TrA | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 16h | |||
Deklinasie | -65º | |||
Grootte | 110 vk. grade (83ste) | |||
Kwadrant | SQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 3 | |||
Helderste ster | Alpha Trianguli Australis (Atria) | |||
Naaste ster | Zeta Trianguli Australis | |||
Sterre helderder as 3 m | 3 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 10 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Winkelhaak, Altaar, Passer, Paradysvoël | ||||
|
Die drie helderste sterre is Alpha, Beta en Gamma Trianguli Australis. Eersgenoemde is ’n helder reusester van 1,91 mag wat 391 ligjare van die Aarde af is. Beta Trianguli Australis is ’n dubbelster met ’n helderheid van 2,85 mag. Die derde lid van die driehoek het ’n helderheid van 2,87 mag. Buite die driehoek, naby Beta, lê die vierde helderste ster van die sterrebeeld, Delta Trianguli Australis, met ’n helderheid van 3,8 mag.
Die Suidelike Driehoek lê in die Melkweg en bevat dus baie sterre, maar nie ander beduidende voorwerpe nie. Daar is ’n oop sterreswerm, ’n paar planetêre newels en ’n paar dowwe sterrestelsels. Die oop swerm, NGC 6025, het sowat 30 sterre met ’n helderheid van tussen 7 en 9 mag. Dit is sowat 2 500 ligjare van die Aarde af en sowat 11 ligjare in deursnee. NGC 5979 is ’n planetêre newel van 12,3 mag en Henize 2-138 ’n kleiner newel van 11 mag. NGC 5938 is ’n verafgeleë spiraalvormige sterrestelsel wat sowat 300 miljoen ligjare van die Aarde af is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Suidelike Driehoek, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.