Fort England Psigiatriese Hospitaal

Fort England is 'n hospitaal vir sielsiekes in Grahamstad.

Die eerste geboue dateer uit 1815 toe die militêre pos bekend was as die Witrugkamp en ook as die East Barracks. Tydens die Vyfde Grensoorlog (1818-1819) was hier 'n garnisoen van 301 man onder kol. Thomas (Tiger Tom) Willshire gestasioneer. Na 1850 was die fort die hoofkwartier van die Kaapse Korps onder die bevel van genl.-maj. (later sir) Henry Somerset, 'n bekende aanvoerder tydens die Kaapse grensoorloë en seun van goewerneur lord Charles Somerset.

Die fort is vernoem na lt.-kol. Richard England van die 75ste regiment en bevelvoerder tydens die Sesde Grensoorlog (1834-36). Sedert 1875 huisves die geboue en terrein 'n hospitaal.

Sien ook

Bibliografie

  • Oberholster, J.J.: Die historiese monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, 1972. ISBN 0-620-00191-7

26°32′25″O / 33.31556°S 26.54028°O / -33.31556; 26.54028

Tags:

Grahamstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

StereotipeJode in Suid-AfrikaJeuksiekteKlem-in-die-kaakAl-FatihaAnale kankerGordelroosSias ReineckeXenofobie in Suid-AfrikaOorstromingEthiopiëJakkalsSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024NatuurrampAnilingusKewerLionel MessiGeweldC.J. LangenhovenAnneli van RooyenDoopLys van Joodse feeste en herdenkingsGeboorteSosiale mediaBreinkaartVoorvoegselWoordeboek van die Afrikaanse TaalPoesGasSteenkoolMangelontstekingBoerboelMielieChromatografieWes-KaapHaasAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMetaalSikloonWet op Bantoe-onderwysMiddelmisbruikNierversakingWilna SnymanIdioomWiskundige terminologieMisdaadromanWaterbesparing in Suid-AfrikaNarsistiese persoonlikheidsteuringLidwoordKrimpvarkieProstaatkankerEskomHamburgerOlimpiese SpelePersWaarheid-en-versoeningskommissieBybelEuropaGalileo GalileiKarakteriseringGeldeenheidMusieksimboleVulvaOnse VaderHindoeïsmeAngssteuringDonderstormVoëlNazi-DuitslandTolla van der MerweLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaOmtrek, oppervlakte en volumeKommunikasieGrondwetIngrid Jonker🡆 More