Jo Black (gebore Januarie 1982) is 'n Afrikaanse sanger van Pretoria.
Jo het in Pretoria-Noord grootgeword en na skool in die konstruksiebedryf begin werk. Daarna begin hy sy eie inisiatief met die naam Be That Guy / Be That Girl, 'n beweging wat kinders help bou aan 'n positiewe houding, waarna hy sy musiekloopbaan begin.
Jo Black | |
---|---|
Geboortenaam | Jo Usher Engelbrecht |
Gebore | Januarie 1982 |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Genres | Afrikaanse pop |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 2016 - nou |
Etikette | Inhoud Huis, Flagship Productions |
Sy eerste enkelsnit Skepe word in Desember 2016 op YouTube vrygestel en bereik binne die eerste 5 maande 1 022 000 YouTube trefslae. Sy debuutalbum Skepe is op 31 Maart 2017 vrygestel.
Jo Black het die "'Be That Guy Braai" in Montana, Pretoria begin, "om hoop en inspirasie vir die manne te gee". Die "Be That Guy-braai"-konsep het versprei en word nou op Vrydae-oggende landwyd gehou.
Black ondergaan in September 2018 'n nekoperasie nadat twee van sy nekwerwels gedisintegreer het. Sy stembande was in gedrang en dokters het aanbeveel dat 'n operasie dringend uitgevoer word. Die operasie is op Sondag, 9 September 2018 suksesvol uitgevoer, en al Black se geskeduleerde optredes in September 2018 is gekanselleer.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Jo Black, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.