Skimstam is 'n paramorfeem met oënskynlike betekenis maar dit het in werklikheid geen gespesifiseerde betekenis nie.
Volgens Prof. Gerhard van Huysteen is 'n skimstam die teenoorgestelde van 'n zeromorfeem omrede skimstamme wel vorme het, maar geen betekenis nie. Verder sê van Huysteen dat skimstamme ook soos morfeme lyk, maar dat dit net in een of twee ander woordvorme voorkom. Voorbeelde in Afrikaans van skimstamme sluit die volgende in: boe in boe-pens, tjoep in tjoep-stil.
Hierdie woorde lyk soos 'n morfeem maar is eintlik nie volwaardig nie, omrede hulle in geen ander woorde voorkom nie.
Skimstamme vorm deel van die morfologie van Afrikaans en val onder die paramorfeen afdeling van morfologie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Skimstam, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.