Die silindriese koördinatestelsel is 'n koördinatestelsel wat die tweedimensionele poolkoördinatestelsel uitbrei na drie dimensies deur 'n derde koördinaat by te voeg wat die hoogte van enige punt bo die vlak aandui, soortgelyk aan die manier waarop die Cartesiese koördinatestelsel na drie dimensies uitgebrei word.
Die notasie vir die koördinatestelsel is nie eenvormig nie. Die Standaard ISO 31-11 vestig dit egter as . Nogtans word die asimut baie keer as uigedruk. Verder word die radiale koördinaat ook geneoem terwyl die vertikale koördinaat soms deur uigedruk.
'n Punt P word aangegee as . In terme van die Cartesiese koördinatestelsel:
Die omskakeling van die funksie van silindriese koördinate na Cartesiese koördinate is dus . Die omskakleing van funksie van Cartesiese koördinate na silindriese koördinate is .
Let daarop dat atan2() funksie wat hierbo gebruik word nie standaard is nie: Dit lewer 'n waarde tussen 0 en 2π in plaas van tussen -π en π wat die standaard atan2() funksie gee.
Silindriese koördinate is nuttig vir die analise van oppervlaktes wat simmetries is om 'n as, met die z-as wat gekies word as die simmetrieas. Die oneindig lange sirkulêre silinder met die Cartesiese vergelyking het die baie eenvoudige vergelyking in silindriese koördinate. Daarvandaan die naam "silindriese" koördinate.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Silindriese koördinatestelsel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.