Sentraal Kalahari Wildreservaat

Die Sentraal Kalahari Wildreservaat (Tswana: Lefelo la diphologolo la Central Kalahari) is 'n uitgebreide nasionale park in die Kalahariwoestyn van Botswana.

Die park is in 1961 gestig en beslaan 'n gebied van 52 800 vierkante kilometer ('n elfde van Botswana se oppervlakte), wat dit die tweede grootste wildreservaat ter wêreld maak.

Sentraal Kalahari Wildreservaat
'n Kameelperd

Die landskap is meestal plat of stadig golwend met bosse en gras wat die sandduine bedek, asook dele met groter bome. Baie van die riviervalleie is tot soutpanne gefossileer. Vier versteende riviere kronkel deur die reservaat, insluitend Deception Valley, wat 16 000 jaar gelede begin vorm het.

Boesmans (die San) het die land vir duisende jare as nomadiese jagters bewoon. Sedert die 1990's probeer die Botswana-regering om die Boesmans van die reservaat te verwyder, omdat hulle blykbaar 'n drein op finansiële hulpbronne is, ten spyte van hul inkomste uit toerisme. In 1997 is 'n driekwart van die San-bevolking uit die reservaat verskuif, en in Oktober 2005 het die regering hul gedwonge verskuiwing na kampe buite die park voortgesit, totdat slegs sowat 250 permanente inwoners oorgebly het. In 2006 verklaar Botswana se hof die uitsettings onwettig en bevestig die Boesmans se reg om na die reservaat terug te keer. Die meeste Boesmans word egter toegang tot die park geweier. 'n Landswye verbod op jag het dit ook vir Boesmans onwettig gemaak om hul tradisionele jagter-versamelaar leefwyse te beoefen, ten spyte daarvan dat privaat wildplase jaggeleenthede aan toeriste bied.

In 2014 is 'n diamantmyn (Ghaghoo-myn, wat deur Gem Diamonds bedryf word) in die suidooste van die reservaat geopen. Die maatskappy beraam dat die myn tot $4.9 miljard se diamante kan lewer.

Van die diere wat hier voorkom: buffels, savanne-olifante, witrenosters, gevlekte hiënas, strandwolwe (bruin hiëna), ratels, graatjiemeerkatte, witkwasmuishonde, vlakvarke, jagluiperde, rooikatte, wildehonde, rooijakkalse, bakoorjakkalse, silwerjakkalse, luiperde, leeus, blouwildebeeste, bontkwaggas, elande, swartwitpense, gemsbokke, springbokke, steenbokke, rooibokke, koedoes, erdvarke, waaierstertmeerkatte, vlakhase, ystervarke, bobbejane, rooihartbeeste en volstruise.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

23°45′23″O / 21.8895°S 23.7565°O / -21.8895; 23.7565

Tags:

BotswanaKalahariwoestynNasionale parkTswana

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KankerTienerDesmond TutuWatersuiweringDrakensbergeInstagramSeekoeiSanskritKunsmatige algemene intelligensieYsterDiepaartromboseKoorsblaarJudaïsmeGeskiedenis van AfrikaansPersSlag van BloedrivierInfeksieGrondwet van Suid-AfrikaLeierskapLys van bekende Suid-AfrikanersJoodse kalenderKersfeesAkademiaGalblaasAsemhalingWiskundige terminologieRivierMagneetSoogdierJode in Suid-AfrikaLewerHeks van HexrivierAustraliëSkoenlapper2001AtoomLys van Afrikaanse rolprenteSinoniemHemelvaartsdagShakaMetafoorGordelroosEugenetikaArendNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaBernice WestMateriaalWillie JoubertMiddelmisbruikOudtshoornKunstenaarIndustriële RevolusieSwedeWinterVryheidsdagMuskietBlack SashPlastiekMaatskappyCristiano RonaldoAmateurradioVulvaWortelSonYslandRooilipslangHernubare energiePaasfeesJapie GreylingNasiebouKorrupsieGasMandalaBedryfstelsel (inligtingstegnologie)JavaScript🡆 More