Steenbok

Die steenbok (Raphicerus campestris) is 'n klein wildsbokkie wat in die suide en ooste van Afrika voorkom.

Steenbok
Steenbok
Steenbok
'n Ram en ooi in die Nasionale Etoshawildtuin
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Raphicerus
Spesie:
R. campestris
Binomiale naam
Raphicerus campestris
Thunb., 1811
Steenbok
     Verspreiding gebaseer op data uit die 1970's.

Beskrywing

'n Volwasse steenbok het 'n gemiddelde massa van 12 kg en is ongeveer 50 cm hoog. Steenbokke het twee klein, reguit horinkies. Die langste horings wat al aangeteken is, was 18 cm. 'n Steenbok se kleur kan wissel van rooibruin tot baksteenrooi met 'n wit penskant.

Verspreiding

Daar is twee afsonderlike steenbokbevolkings. Die een is in Suider-Afrika, wat die lande Angola, Namibië, Suid-Afrika, eSwatini, Botswana, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe en Lesotho insluit. Die ander bevolking is in Oos-Afrika, in Sentraal- en Suid-Kenia en Tanzanië.

Habitat

Steenbokke kan in 'n groot verskeidenheid habitats oorleef. Daar word gesê dat hulle onstabiele en oorgangshabitats verkies. Hulle word aangetref in gebiede wat wissel van halfdroë sanderige gebiede soos die rand van die Kalahari-woestyn en die Nasionale Etoshawildtuin tot oop bosveld, wat oop vlaktes, klipperige savanne en akasia-grasveld insluit.

In die sentrale deel van die Krugerwildtuin het steenbokke die hele jaar deur 'n duidelike voorkeur vir haak-en-steek-savanne en hulle het nie die neiging om in die droë seisoen na natter gebiede te migreer nie. In hierdie opsig verskil hulle van baie ander hoefdiere in Afrika, ook diere wat in die nat seisoen in dieselfde gebiede as die steenbok voorkom.

Sosiale gedrag

Steenbokke is alleenlopers en vorm net 'n band om te paar. Hulle is bedags en snags aktief, maar wanneer dit warmer raak, soek hulle gedurende die warmste dele van die dag skuiling in die skaduwee. In die droë seisoen eet hulle meer tydens die nag. Terwyl hulle rus, kan steenbokke hul pels versorg, herkou of kort slapies neem.

Roofdiere

By die eerste teken van moeilikheid gaan lê die steenbok laag in die gras. Wanneer 'n roofdier nader kom, sal hy opspring en met 'n sigsag-naelloop probeer om die roofdier af te skud. Verder stop hy gereeld om terug te kyk. In lang agtervolgings kan steenbokke ook plat op die grond gaan lê. Hulle kan ook hulle toevlug neem in erdvarkgate. Natuurlike vyande van die steenbok sluit in die vaalboskat, rooikat, rooijakkals, luiperd, breëkoparend, en luislang.

Voortplanting

Steenbokke bly op hulle eie, behalwe wanneer die ooi deur 'n hofmakende ram of lammetjie vergesel word. Paartjies hou egter in vaste aangrensende of oorvleuelende gebiede van sowat 0,03 tot 1 km². Hulle behou kontak met mekaar deur middel van reukmerke en mishope. Hulle gebruik dit ook as passiewe vertoon om hulle gebied af te baken. Dit loop selde uit op 'n fisieke konfrontasie met mekaar.

Gedurende die paartyd tree die ramme aggressief op en doen mee aan bluf- en skyngevegte met mededingende ramme. Dit loop uit op lang kompetisies tussen uitgegroeide ramme in hulle fleur; gewoonlik is die teenstanders goed opgeweeg teen mekaar en van dieselfde kaliber wat ouderdom, grootte en vernuf betref.

'n Steenbokooi is sewe maande lank dragtig, waarna sy die lewe skenk aan 'n enkele lammetjie.

Voedsel

Die grootste deel van 'n steenbok se voedsel bestaan uit laaghangende blare (hulle kan nie hoër as 0,9 m bykom nie,) maar hulle is ook vaardig in die uitpluk van wortels en knolle. In die sentrale deel van die Krugerwildtuin verkies hulle Euphorbiaceae. Wanneer dié tipe plante nie beskikbaar is nie, verkies hulle houtagtige plante. Hulle eet soms ook vrugte en wei net by uitsondering op gras. Hulle is byna onafhanklik van oop waterbronne omdat hulle genoeg vog uit hulle voedsel kry.

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Bronne

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.

Eksterne skakels

Tags:

Steenbok BeskrywingSteenbok VerspreidingSteenbok HabitatSteenbok Sosiale gedragSteenbok RoofdiereSteenbok VoortplantingSteenbok VoedselSteenbok FotogalerySteenbok Sien ookSteenbok VerwysingsSteenbok BronneSteenbok Eksterne skakelsSteenbok

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VormSamestellingEkonomieNuwe TestamentAtlantis, Wes-KaapLAfrikaanse taalleerBrandmondsindroomSimboolOnderwysFrankrykGrondbewerkingTradisionele Afrika-medisyneJansenvilleKweekhuisgasNeerslagDramaTweede WêreldoorlogMeningsverskil oor aardverwarmingWet op Verbod van Gemengde HuwelikeIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieKultuurSkerpioenPriemgetalAfrikaanse woordelys en spelreëlsMieliestronkPapierHomofoonBosluisbytkoorsKoorsblaarKoos du PlessisLugbesoedelingDeelstate van die Verenigde State van AmerikaTransatlantiese slawehandelVars waterNarsistiese persoonlikheidsteuringKasterolieDemokratiese Republiek die KongoVoortrekkermonumentTelefoonBeesvleisSpierJohannes MeintjesChristendomLys van Suid-Afrikaanse musikanteOlimpiese Somerspele 2024Geskiedenis van AfrikaansBruin menseKindermishandelingFaf de KlerkKostuumsLongontstekingLangste woordMierNic de JagerMiskruierSendelingposisieNeurenberg-verhoreHipoteseBevolkingAustraliëTrekarbeidCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaGawes van die Heilige GeesSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024VolhoubaarheidSinoniemVerlede tydBoer Soek 'n VrouHarry PotterSirkusTienerBloemfonteinGedigDoelwit3D-rolprentHindoeïsmeDialoog in fiksie🡆 More