Selfportret (Opgedra aan Paul Gauguin) is 'n selfportret wat die Nederlandse skilder Vincent van Gogh in 1888 in Arles, Frankryk, geskilder het.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Selfportret (Opgedra aan Paul Gauguin) |
Vincent van Gogh, 1888 |
Olie op doek, 62 × 52 cm |
Fogg Art Museum |
Van Gogh het in 1886 na Parys verhuis waar hy Henri de Toulouse-Lautrec ontmoet en vriendskappe met Émile Bernard en Paul Gaugin gesmee het. Van Gogh en Gauguin se ontmoeting was die begin van een van die "mees besproke kunsvriendskappe in die kunsgeskiedenis. Dit is 'n verbintenis waarin hoop en teleurstelling, kameraadskap en wedywering, bewondering en jaloesie mekaar voortdurend afgewissel het."
Van Gogh beraam ook 'n plan waarvolgens hy en Gauguin in die Geel Huis in Arles sou saamwoon as 'n oplossing vir die finansiële probleme wat hulle voortdurend ondervind. Theo van Gogh, Vincent se broer, oortuig Gauguin uiteindelik om by Van Gogh in Arles aan te sluit. Daar bring hulle van 21 Oktober tot 24 Desember 1888 'n kort maar hoogs produktiewe samewerkingsperiode deur. Die besoek eindig op 'n treurige noot met die insident waarin Van Gogh deel van sy oor afsny en in 'n psigiatriese inrigting beland en Gauguin na Parys vlug.
Selfportret is in die aanloop tot Gauguin se besoek aan Arles geskilder en is aan hom opgedra en aan Gaugin gestuur in 'n ruilooreenkoms.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Selfportret (Opgedra aan Paul Gauguin), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.