Seiwalvis

Die seiwalvis (Balaenoptera borealis) is 'n baardwalvis; die derde grootste vinwalvis na die blouwalvis en die rorkwal.

Seiwalvisse word in al die wêreld se oseane aangetref en verkies diep waters wat nie te ver van die kus is nie.. Hulle is geneigd om poolstreke, tropiese streke en gebiede wat semi-afgeslote is. Seiwalvisse migreer jaarliks van koel en subpoolstreke in die somer na matige en subtropiese waters in die winter. In meeste areas is die presiese migrasieroetes nie baie bekend nie.

Seiwalvis
Seiwalvis
'n Seiwalvis vreet naby die wateroppervlak
Seiwalvis
Vergelyking in grootte met die gemiddelde mens
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. borealis
Binomiale naam
Balaenoptera borealis
Lesson, 1828
Seiwalvis
Verspreiding van die seiwalvis

Die walvisse bereik 'n lengte van tot 20 m en kan tot 45 ton weeg. Een seiwalvis vreet 'n gemiddelde 900 kg kos per dag, hoofsaaklik eenoogkrefies, planktonkrefies en ander soöplankton. Seiwalvisse word onder die vinnigste van al die walvisagtiges gereken en kan 'n spoed van tot 50 km/h oor kort afstande bereik. Die naam "seiwalvis" is van die Noorse woord vir pollak, 'n soort vis wat om en by dieselfde tyd as die seiwalvis langs die kus van Noorweë verskyn.

As gevolg van grootskaalse kommersiële walvisvangs tussen die laat-negentiende en laat-twintigste eeue, waartydens meer as 238 000 individue gevang is, is die seiwalvis tans 'n internasionaal beskermde spesie, alhoewel beperkte walvisvangs steeds onder omstrede programme deur Ysland en Japan plaasvind. Met die ingang van 2006 was die wêreldwye bevolking van die seiwalvis omtrent 54 000: ongeveer 'n vyfde van wat dit voor die aanvang van walvisvangs was.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Japie GreylingTennisBeeldspraakPad na jou hartGoudVaginale kankerPinksterChristiaan Frederik BeyersSelfmoordBladwisselendSuikersiekteMisdaadromanOos-KaapAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeVioolKlopjagLeierVormGoudkus (streek)MetaalErfenisGeboorteLiefdeNag van die lang messeGlobaliseringHoofletterGewone breukeFotosinteseStam (taalkunde)PiesangLondenInternetIndustriële RevolusieVoorvoegselMensNoord-Sotho (taal)SuiwelprodukRymGeletterdheidKrugerwildtuinTydAssonansieHoofpynErfenishulpbronAkademiaNazi-DuitslandWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaPornhubLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameHaasGordelroosPersentasieLys van Afrikaanse rolprenteSwedeUniegebouVennootskapTelkomBruto binnelandse produkBesnydenisHoopKappie (skryfteken)SteenkoolAnilingusKlavierWelwillendheidsdagGoogle TranslateWatersuiweringSeksismeSirkelFinansiële staatMadison IvyElektrodeSeisoenNiersteenSout (chemiese stof)TienerJoodse kalender🡆 More