Sauroposeidon

Sauroposeidon (aardbewinggod-akkedis, na die Griekse god Poseidon) was ’n genus souropode-dinosourusse wat bekend is uit verskeie onvolledige fossiele wat in die Amerikaanse state Oklahoma, Wyoming en Texas gevind is.

Dit kom uit rotse uit die Vroeë Kryt-periode, ’n tyd toe die diversiteit van souropodes in Noord-Amerika grootliks afgeneem het. Dit was die laaste bekende Noord-Amerikaanse souropode voor ’n afwesigheid van sowat 40 miljoen jaar van die groep op die kontinent – tot met die verskyning van Alamosaurus tydens die Maastricht-tydsnede.

Sauroposeidon
Nekwerwels van ’n Sauroposeidon.

Sauroposeidon
Tydperk: Vroeë Kryt 112 m. jaar gelede
Sauroposeidon
Die grootte in vergelyking met dié van ’n mens. Die geïsoleerde nekwerwels is in wit. Elke vierkant = 1 m.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Familie:
Genus:
Sauroposeidon

(Wedel, Cifelli & Sanders, 2000)
Binomiale naam
Sauroposeidon proteles
(Wedel, Cifelli & Sanders, 2000)
Sinonieme

Paluxysaurus jonesi ( Rose, 2007)

Sauroposeidon
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Suborde: Sauropodomorpha
Klade: †Titanosauriformes
Klade: †Somphospondyli
Genus: Sauroposeidon
(Granger & Gregory, 1923)

Hoewel die holotipe aanvanklik in 1994 ontdek is, is dit vir versteende hout aangesien vanweë die onverwagte ouderdom en besondere grootte daarvan. ’n Vollediger ontleding in 1999 het die ware aard daarvan onthul en ’n klein media-opskudding veroorsaak. Die amptelike bekendmaking daarvan het in 2000 gevolg.

Grootte en verwantskap

Vergelykings met die vollediger Brachiosaurus het daarop gedui dat Sauroposeidon se kop tot 17 m hoog kon gewees het, wat dit die hoogste bekende dinosourus maak. Die lengte word op 34 m geraam en die massa op 50 tot 60 ton – dit is dus ook een van die langstes en swaarstes. Dié ramings kan dalk verkeerd wees, want dit is dalk nie so na verwant aan Brachiosaurus as wat voorheen geglo is nie.

Hoewel dit aanvanklik beskryf is as ’n brachiosouride wat na verwant is aan Brachiosaurus en Giraffatitan, het die ontdekking van nog oorblyfsels in Wyoming daarop gedui dat dit nader verwant was aan die titanosourus, in die groep Somphospondyli. Verdere ondersoeke het dié bevinding bevestig en daarop gedui ’n vollediger skelet wat voorheen Paluxysaurus jonesi genoem is, behoort ook aan Sauroposeidon.

Naam

Die genusnaam kom van sauros (Grieks vir "akkedis") en Poseidon, die seegod in die Griekse mitologie wat ook met aardbewings verbind word. Dit is ’n verwysing na die idee dat Sauroposeidon so swaar was dat die aarde geskud het wanneer hy loop.

Verwysings

Tags:

DinosourusFossielGenusKryt (geologie)Maastricht (tydperk)OklahomaPoseidonSouropodeTexasVSAWyoming

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BrutalismeWiskundige tydskrifTurkse liraMississippirivierRealLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameAnale kankerJames BondPrivaat maatskappyVrymesselaryJapanSint-LaurensrivierFacebookSpelerposisies in rugbyIrakRooi GardeVerdampingPerlemoenBakoeSixtynse kapelUniversiteit van AmsterdamLutheranismeSkoonheidLophiiformesMMiddeloorontstekingPoolse WikipediaMaagsweerGroot vyfBreinkaartTydskrifSeksismeWapen van Suid-AfrikaOrgasmeSagtewarepoortVerkleinwoordAfrikaansAnimeTradisionele literatuurMiljoenFaisal van Saoedi-ArabiëAnel AlexanderRina HugoMenslike seksuele gedragGeelslangWikipediaKyrkbronJaimie AlexanderABoogminuutWitstinkhoutBoogsekondeOogproblemeMetafoorNazi-DuitslandVasco da GamaGroepsdrukCesca-stoelAardeKolitisMisdaadAarde se atmosfeerOpper-OostenrykHernubare energieSuid-Afrikaanse GrensoorlogVictoria PedrettiGeskiedenis van Suid-AfrikaYouTubeSverre Anker OusdalGemeenskapsorganisasieJames AlexanderZen and the Art of Motorcycle MaintenanceTim Berners-LeeOliver WalkerBruin huisslangGeskiedenis van erotiese afbeeldings🡆 More