Tim Berners-Lee

Tim Berners-Lee (gebore 8 Junie 1955 in Londen, Engeland) is 'n Britse uitvinder wat die wêreldwye web (www) in 1991 begin het.

Hy word daarom as die vader van die Web beskou. Hy het sy idee gratis tot almal se beskikking gestel en geen patentreg daarop uitgeneem nie.

Tim Berners-Lee
Tim Berners-Lee
Tim Berners-Lee in 2014
Gebore
Timothy John Berners-Lee

8 Junie 1955
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepRekenaarwetenskaplike
Bekend virUitvinding van die wêreldwye web
EggenootRosemary Leith
Ouer(s)Conway Berners-Lee
Mary Lee Woods

Belangrikste prestasies

Tim Berners-Lee 
Tim Berners-Lee in 2009

Timothy Berners-Lee, Britse rekenaarwetenskaplike, sagteware-ingenieur en direkteur van die World Wide Web Consortium (W3C), het 'n groot bydrae tot die ontploffing van die inligtingera gelewer deur sy uitvinding van die netwerk-inligtingstelsel, bekend as die wêreldwye web. Die wêreldwye web het 'n onmisbare hulpmiddel vir die globale deling van inligting geword, deurdat gebruikers gekoppelde dokumente op enige netwerkrekenaar kon oopmaak deur bloot op 'n uitgeligte item op 'n rekenaarskerm te klik.

In 1990 het Berners-Lee die sagteware vir die eerste webbediener en -kliënt geskryf en die spesifikasies vir BA (Bronadres), HTTP (Hiperteksoordragprotokol) en HTML (hiperteksmarkeertaal), waarvan die Web afhang, gedefinieer. As direkteur van die World Wide Web Consortium speel hy steeds 'n belangrike rol in die ontwikkeling van sy skepping.

Sy talle toekennings sluit in die Kilby Foundation se Toekenning vir Jong Nieuligter van die Jaar (1995), die Charles Babbage-toekenning (1998) en die Pionierstoekenning van die Electronic Freedom Foundation (2000). Hy het ook eregrade van verskeie universiteite ontvang en is 'n distinguished fellow van die Britse Rekenaarvereniging, 'n ere-genoot van die Instituut vir Elektriese Ingenieurs en 'n MacArthur-genoot.

Lewensgeskiedenis

Tim Berners-Lee 
Tim Berners-Lee, wat die wêreldwye web ontwerp het (2009).

Timothy John Berners-Lee is op 8 Junie 1955 in Londen gebore as die seun van Conway en Mary Berners-Lee. Hy het sy eerste rekenaar, 'n kartonreplika van Brittanje se eerste kommersiële rekenaar, The Ferranti Mark 1, gebou terwyl hy nog 'n kind was. In 1973 het hy by Queen's Kollege, Oxford Universiteit ingeskryf en drie jaar later 'n Baccalaureus Artium in teoretiese fisika met lof behaal. Ná graduering het hy as 'n onafhanklike rekenaarkonsultant aan verskeie sagtewareprojekte gewerk.

In 1980 het hy ses maande by CERN spandeer, die Europese laboratorium vir deeltjiefisika naby Geneva, Switserland, en 'n program genaamd Enquire vir sy privaat gebruik geskryf. Enquire het direkte skakels tussen elektroniese lêers en inligting wat geberg moes word, deur willekeurige assosiasie, gemaak. Hierdie konsepte het uiteindelik die basis vir die ontwikkeling van die wêreldwye web gevorm. Hy het vier jaar later as 'n stelselingenieur na CERN teruggekeer en in 1989 'n 'globale hiperteksprojek' voorgestel, naamlik die wêreldwye web wat navorsers in staat sou stel om mekaar se data te gebruik.

Die stelsel was gebaseer op die vindingryke integrasie van hiperteks met die Internet. Deur kennis te kombineer in 'n globale hiperteksruimte, waarin daar na enige netwerk-toeganklike inligting verwys kon word met 'n enkele Universele Dokumentidentifiseerder (UDI/URI), het Berners-Lee aan navorsers toegang tot hulle gemeenskaplike eksperimente gegee, ongeag van waar hulle werk en watter rekenaars hulle gebruik.

In 1990 het hy begin om die sagteware vir die webblaaier en sy onderliggende protokol te skryf en dit het die volgende ingesluit:

  • Die hiperteksmarkeertaal, of HTML;
  • Die hiperteksoordragprotokol, die http:// wat meeste webadresse vooraf gaan; en
  • Die bronadres, of BA's.
Tim Berners-Lee 
Die eerste webbediener ter wêreld in die CERN.

Die program WorldWideWeb is aanvanklik in Desember 1990 in CERN beskikbaar gestel en is in die somer van 1991 gratis op die Internet geplaas. Namate die aantal gebruikers toegeneem het, van omtrent 10 na 100 000 tussen 1991 en 1994, het Berners-Lee volgehou om sy aanvanklike BA-, HTTP- en HTML-spesifikasies te verfyn. In 1994 het hy aangesluit by die Laboratorium vir Rekenaarwetenskap by die Massachusetts Instituut vir Tegnologie (MIT).

Aangesien CERN nie toegerus was om die vinnig groeiende onderneming te huisves nie, het Berners-Lee die World Wide Web Consortium (W3C) in September 1994 gestig met sy basisse by Massachusetts Instituut vir Tegnologie (MIT), by die Institut National de Recherche en Informatique et en Automatique (INRIA) in Frankryk en by Keio Universiteit in Japan. W3C is 'n oop forum van maatskappye en organisasies wat webontwikkeling koördineer en as standaardeorganisasie vir die Web dien. As direkteur van W3C dra Berners-Lee steeds by tot die ontwikkeling van die wêreldwye web en verken die volle potensiaal daarvan.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Tim Berners-Lee Belangrikste prestasiesTim Berners-Lee LewensgeskiedenisTim Berners-Lee VerwysingsTim Berners-Lee Eksterne skakelsTim Berners-Lee19558 JunieEngelandLondenVerenigde KoninkrykWêreldwye web

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OntbossingBipolêre gemoedsteuringJaco JacobsVraag en aanbodPersoonlikheidEreksieFransVlag van Suid-AfrikaMangelJames FrechevilleWekkerPriemgetalNoFapMuishondAustraliëKonjunktivitisSimon PetrusSchwantesiaByKlinkerDeelteken en umlautKewerVolstruisHartPersoon (taalkunde)Ekonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaHindoeïsmeVK (sosiale netwerk)Hage GeingobMetamfetamienAll Citizens PartyVolhoubaarheidSkoenlapperMynbouVrouPinksterMaroela MediaWaterpokkiesTelwoordArmoedeEngelsNasionale PartyLionel MessiVulvaMetafoorNatuurlike hulpbronMandaryn-ChineesKlereWerkloosheidVrugInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandWaterstofGoudGeslagsgelykheidSoogdierArmoedeverligtingSamestellingAfrikaanse TaalmonumentMaanstilstandYouTubeBrugPad na jou hartAnale seksSeksueel oordraagbare infeksieWaterkringloopWoordeskatVoornaamwoordVerkleurmannetjieChemiese elementRooikatIsraelSuid-Afrikaanse PolisiediensChristendomZenobia KockVrymesselary🡆 More