Sous Salsa

Salsa is 'n verskeidenheid souse wat as geurmiddel gebruik word vir taco's en ander Mexikaanse geregte, en as 'n doopsous vir tortillatjips.

Dit kan rou of gekook wees en word gewoonlik by kamertemperatuur voorgesit.

Salsa
'n Verskeidenheid salsas.
'n Verskeidenheid salsas.
Soort gereg Geurmiddel
Land Mexiko
Hoofbestanddeel Rissie, tamatie, uie
Ander bestanddele Verskeie

Hoewel die woord "salsa" enige sous beteken in Spaans, beteken dit in Afrikaans gewoonlik Mexikaanse tafelsouse, veral die soort van onder meer rissies, uie en tamaties. Tortillatjips met salsa is 'n algemene aptytwekker in baie restaurante wêreldwyd, maar nie in Mexiko self nie.

Soorte

Sous Salsa 
'n Chorizo-en-eier-ontbytburrito met salsa.

Salsa is 'n algemene bestanddeel in Mexikaanse kos en word as 'n geurmiddel voorgesit saam met taco's, of geroer in soppe en bredies. Salsa fresca is vars salsa wat van tamaties en rissies gemaak word. Salsa verde word van gekookte tomatillo's gemaak en as 'n doopsous voorgesit vir verskillende geregte. Die soort rissie wat gebruik word, verskil van streek tot streek.

Mexikaanse salsas sluit in:

  • Salsa roja, een van die twee algemeenste soorte salsa, waarin "rooi sous" as 'n geurmiddel gebruik word; dit bevat gewoonlik gekookte tamaties, rissies, uie, knoffel en vars koljander.
  • Salsa cruda, "rou sous", is 'n ongekookte mengsel van gekapte tamaties, uie, jalapeño's en koljander.

Behoorlike berging

Die WGO waarsku dat salsa en ander soorte souse versigtig berei en gebêre moet word, aangesien die rou soorte as groeimedium vir bakterieë kan dien, veral as dit nie in die yskas gebêre word nie.

In 2010 het die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming berig dat 1 uit 25 siektes wat tussen 1998 en 2008 deur kos veroorsaak is, teruggespoor is na restaurantsouse (wat sonder sorg berei en gebêre is). 'n Geskrif van 2010 oor salsahigiëne het gesê verkoeling in 'n yskas is die "sleutel tot" veilige souse. Volgens die studie kan vars lemmetjiesap en vars knoffel die groei van salmonella voorkom.

Verwysings

Skakels

  • Sous Salsa  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Sous Salsa SoorteSous Salsa Behoorlike bergingSous Salsa VerwysingsSous Salsa SkakelsSous SalsaGeurmiddelKamertemperatuurMexikoSousTacoTortillatjip

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OligopolieLys van universiteite in Suid-AfrikaByeboerderyGeboorteBorsvergrotingMalariaLeierskapBloedgroepUitwerking van klimaatsveranderingDrake (musikant)BreinvliesontstekingGautengVraag en aanbodWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaLetterkundeLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameBaardskeerder-spinnekopWiskundeAbstraksie (rekenaarwetenskap)BeeldspraakSportSeksuele penetrasiePoleWoordeboekNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLewerNaaldekokerLiewe HeksieAfrikanersReënspinnekopOppervlakteTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinKoppeltekenEierstokKolorektale kankerTropiese sikloonNasiebouDepressie (gemoedstoestand)GronddegradasieSeksposisieKanadaSmall HandsKlitorisWerwelkolomSkoenlapperVloeistofGooglePlatteland (rolprent)MaselsSuid-Afrikaanse GrensoorlogEnsiklopedieDemi Lee MooreBynierMisdaadMierKorrupsieProstaatklierNatuurrampMonopolyRooikatNoag se arkMiddelmisbruikMynbouCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaHeupKarlien van JaarsveldMuisvoëlLemoenKoue OorlogSeksuele oriëntasieKreatiwiteitGroot TrekBlaarDirekte en Indirekte rede🡆 More