Salie

Salie (Salvia officinalis, ook bekend as tuinsalie of gewone salie) is 'n meerjarige, immergroen struik, met houtagtige stingels, grys blare en blou tot perserige blomme.

Salvia officinalis
Salie
Sketse uit Koehler's Medicinal Plants (1887)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Salvia
Spesie:
S. officinalis
Binomiale naam
Salvia officinalis
Salie
'n Salvia officinalis blom van naby.
Salie
Salieblomme

Dit is 'n lid van die familie Lamiaceae en is inheems aan die Middellandse Seegebied, al is dit genaturaliseerd op baie plekke in die wêreld. Dit het 'n lang geskiedenis van medisinale en kulinêre gebruik, en in die moderne tyd as 'n ornamentele tuinplant. Die algemene naam "salie" word ook gebruik vir 'n aantal verwante en onverwante spesies.

Taksonomie

S. officinalis is beskryf deur Carl Linnaeus in 1753. Dit is vir eeue lank in die Ou Wêreld vir sy voedsel en helende eienskappe gekweek, en is dikwels in ou herbale beskryf vir sy vele wonderbaarlike eienskappe. Sy spesifieke tweede naam, "officinalis", verwys na sy medisinale gebruik - die officina was die tradisionele stoorkamer van 'n klooster waar kruie en medisyne geberg is. S. officinalis is onder baie ander wetenskaplike name geklassifiseer oor die jare, insluitend ses verskillende name sedert 1940 alleen. Dit is die tipiese spesie vir die genus Salvia. Die tweede mees gebruikte spesie van salie is Salvia lavandulaefolia, wat 'n soortgelyke samestelling met Salvia officinalis deel, met die uitsondering dat lavandulaefolia baie min van die potensieel giftige GABA-blokkeerder monoterpenoied thujone bevat.

Bestuiwing

Entomofilie (bestuiwing deur insekte) is 'n vorm van biotiese bestuiwing.

Party blomme verkies om net deur een soort insek bestuif te word. Hulle het dan 'n hele reeks hindernisse om te voorkom dat enige ander insek by hul nektar uitkom.

Die salie is een van hierdie eienaardige soort blomme. Hy het die heuningby as sy persoonlike dienskneg gekies. Die kroonblare van die blom is so gevorm dat dit maklik die liggaam van 'n heuningby kan akkomodeer. Die vlieg gaan hom vasloop in verskeie hindernisse en die hommelby is hopeloos te groot.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Tags:

Salie TaksonomieSalie BestuiwingSalie Sien ookSalie BronneSalie VerwysingsSalie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Distrik SesOlimpiese SpeleHerpes simplexWikipediaPretoriaHomoniemKlein gekolde katSwawelLys van elemente volgens simboolKewerJan van TonderDelft, KaapstadMigrasie van dierePinksterNoord-KaapBloeddrukBreinvliesontstekingSekondêre sektor van die ekonomieStaatstoelaeVryheidsdagEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaLys van Kaapstad se voorstedeKlinkerXenofobieRob HersovCoca-ColaMorfologie (taalkunde)RookgewoonteKlimaatsverandering in Suid-AfrikaAssonansiePastoorBloemfonteinC.J. LangenhovenJohn Brown (aktivis)Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalSwart nasionalismeAsemhalingBrongitisSonSuider-AfrikaAfrikaansVoedselkettingOmgewingskwessies in Suider-AfrikaKomplementêre kleureDinosourusLongSonkragInfeksieRobert SobukweVioolSanskritNedersettingLys van Suid-Afrikaanse musikanteBestaansboerderyLeeuBlaarLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLimfvatstelselSkarlakenkoorsDysselsdorpGenitale vratSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024PseudowetenskapDuitsHage GeingobMonopolyHeelgetalPaasfeesEjakulasieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidBysteekWoestynMarie AntoinettePlastiekBraai🡆 More