Sabbat

Die Sabbat (Hebreeus: שַׁבָּת, ; letterlik: rus of verposing; meervoud: Sjabbatót, שבתות) se ontstaan is so oud soos die mens en die skepping self, ten minste vir diegene wat die Bybelse beskrywing van die skepping aanvaar.

Volgens Beresjiet/Genesis 2 verse 2 en 3 sien ons die instelling van die Sabbat waar JHWH, die skepper, op dié dag rus, dit seën en afsonder. Die naam Sabbat kom van die Hebreeuse woord sjawat (שבת) wat beteken "om te rus" of "om op te hou".

Sabbat
Tafel met eerste voorbereidings vir Sabbat
Sabbat
Waarneming van die sluitingsritueel hawdalá deur Sefardiese Jode in 14de-eeuse Spanje
Sabbat
Saterdag, toneel by die sinagoge in Fürth, die vroue (links) dra rokke in die Empire-styl, die mans die kleredrag van die tradisioneel lewende Asjkenasiese Jode van Suid- en Wes-Duitsland, Duitsland rondom 1800
Sabbat
Twee gevlegde Sabbat-gallót onder die geborduurde Gallá-doek aan die begin van die Sabbatmaaltyd
Sabbat
Europese tale wie se plaaslike benaming vir Saterdag van die Hebreeuse woord Sabbat afgelei is, is in olyfgroen

Jom Kippoer en Sabbat is die heiligste dae in Judaïsme; altwee staan ook bekend as Sjabbat Sjabbaton ("'n groot groot Sabbat"). Jom Kippoer is die enigste vasdag wat selfs op 'n Sabbat gehou kan word; die ander vasdae word verskuif indien hulle op 'n Sabbat sou val. Die Sabbat-gebedsdiens omvat verskeie unieke aspekte. Een daarvan is die spesifieke getal gebedsdienste. Anders as gewone dae, waarop daar drie gebedsdienste is (Ma'ariew (מעריב), die aandgebed; Sjagariet (שחרית), die oggendgebed; en Mienga (מִנְחָה), die namiddaggebed), het die Sabbat nes ander Jamim Towim vier gebedsdienste (Ma'ariew (מעריב); Sjagariet (שחרית); Moesaf (מוסף), die bykomende gebed; en Mienga (מִנְחָה)); net Jom Kippoer beskik met vyf gebedsdienste (Ma'ariew (מעריב); Sjagariet (שחרית); Moesaf (מוסף); Mienga (מִנְחָה); en Ne'ila (נעילה), die afsluitingsgebed) oor meer as enige ander Joodse fees of herdenking. Tydens elke gebedsdiens is die Amidá (עמידה) die sentrale gebed. Sjema Jisrael, die Joodse geloofsbelydenis, word in Ma'ariew en Sjagariet geresiteer.

Volgens die Heilige Skrif (Tanag) se getuienis het JHWH die Sabbat deur Mosje (Moses) in die woestyn aan Jisra'él (Israel) opgedra (Sjemot/Eksodus 16:23) nog voordat die Tien Woorde aan hulle gegee is. Dit is ook 'n teken van die verbond tussen JHWH en Jisra'él (Sjemot/Eksodus 31:13).

Naas die verskeie bepalings wat oor die Sabbat in die Tora gevind word, is dit ook die vierde gebod in die Tien Woorde en ons vind dit opgeteken in Sjemot/Eksodus 20 verse 8 – 11 en Dwarim/Deuteronomium 5 verse 12-15. Na aanleiding van Beresjiet/Genesis 2 voel sommige mense dat die Sabbatgebod vir alle mense gegee is. Die redenasie is dat indien die Sabbat slegs vir Hebreërs en hedendaagse Jehoedim (Jode) was dan sou die opdrag eers met die Verbond in die woestyn bekend geword het.

Sabbat begin soos al die ander dae van die Joodse kalender volgens Beresjiet/Genesis 1,5 met die aand en duur vanaf sononder op Vrydag tot aandskemer van die volgende Saterdag. Tydens Sabbat mag mens nie werk verrig nie, omdat dit 'n rusdag is (Sjemot/Eksodus 20,10). Die Joodse tradisie van 'n rusdag ná ses dae se werk is later deur Christene en Moslems oorgeneem en is die oorsprong van 'n vyf- of sesdaagse werkweek met 'n aansluitende naweek en die wêreldwye stelsel van 'n week met altesaam sewe dae. In die meeste Europese tale is die plaaslike woord vir Saterdag afgelei van die Hebreeuse woord Sjabbat. In Afrikaans en Nederlands is Saterdag egter na Saturnus genoem.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Tags:

Sabbat Sien ookSabbat VerwysingsSabbat BronneSabbat Verdere leesstofSabbat Eksterne skakelsSabbatBybelGenesisHebreeusJHWHMens

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Die GelofteHoofkarakterSkoenlapperTuberkuloseCremonaKaapstadTemperatuurNarsismeAfrikanernasionalismeAngina pectorisPad na jou hartKoperSomerBorskankerBronsMagneetIdioomAardverwarmingCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaVaste stofInfeksieKarpaletonnelsindroomSelfvertroueBeroerteSASOLDeelteken en umlautMangelLenteAarverkalkingApartheidMaagWet op Bantoe-onderwysGriekse teaterLugbesoedelingKunsmatige algemene intelligensieWolkWalvisDeon GrootVrugbaarheidStadMandalaNatriumtiosulfaatWaterbesoedelingOrthopteraLeeuSwartrenosterMickey MuisOnbemande vliegtuigLangste woordTsongaBiodiversiteitLetterkundeKunsmatige intelligensieHemelvaartsdagEiffeltoringNG gemeente MurraysburgHoofpynSendelingposisieGroot vyfBaljuGautengKalenderVratVolksrepubliek ChinaAtoomSokkerTrevor NasserLimfvatstelselMangelontstekingKlimaatsverandering in Suid-AfrikaWoestynMetaalTussenwerpselPornografiese akteurAngssteuringEuropa🡆 More