'n Week is 'n periode van sewe (7) dae.
Die eerste dag van die week in die Joodse, Christelike en Islamitiese kalender is Sondag, in ander stelsels (soos ISO 8601 en NEN 2772) val die eerste dag op 'n Maandag.
In die meeste tale het die weeksdae 'n naam; in sommige tale word die dae egter genommer. Laasgenoemde kan tot verwarring lei, omdat die telling nie in alle betrokkene tale met dieselfde dag van die week begin nie. Só is byvoorbeeld Dinsdag in Russies вторник (letterlik: "tweede dag") en in Portugees terça-feira (letterlik: "derde dag").
In Romaanse en Germaanse tale is die sewe dae van die week algemeen na gode en hemelliggame genoem.
Genoem na | ||
---|---|---|
Afrikaanse naam | in Romaanse tale | in Germaanse tale |
Sondag | God | son |
Maandag | maan | maan |
Dinsdag | planeet / god Mars | Germaanse god Tiwaz / Thingsus |
Woensdag | planeet / god Mercurius | Germaanse god Wodan |
Donderdag | planeet / god Jupiter | Germaanse god Donar |
Vrydag | planeet / godin Venus | Germaanse godin Freia |
Saterdag | Sabbat | planeet / god Saturnus, Skandinawiese god Loki/Lodur |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Week, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.