Kerkbywoning

Kerkbywoning verwys na die deelname van eredienste wat deur ’n spesifieke kerk of in die algemeen deur die hele Christelike gemeente as geheel aangebied word.

Kerkbywoning
In ontwikkelde lande het kerkbywoning geleidelik afgeneem, weens ’n gebrek aan motivering, negatiewe mediadekking oor godsdiens en verveeldheid tydens dienste.

Deelnamestatistiek

Kerkbywoning 
Uitslag van 'n 2008/2009-Gallup-opname waarin respondente gesê het dat godsdiens "belangrik was in hul daaglikse lewe."

   90%–100%

   80%–89%

   70%–79%

   60%–69%

   50%–59%

   40%–49%

   30%–39%

   20%–29%

   10%–19%

   0%–9%

   Geen data nie

Gallup International bevind dat 41% van Amerikaanse burgers sê dat hulle gereeld eredienste bywoon, in vergelyking met 15% van Franse burgers, 10% van VK-burgers en 7,5% van Australiese burgers.

Hierdie syfers is egter debatteerbaar. ReligiousTolerence.org. berig:

    "Kerkbywoningsdata in die Verenigde State word teen die werklike waardes opgeweeg deur twee verskillende tegnieke in te span. Die eintlike syfers toon dat slegs omtrent 21% van die Amerikaners en 10% van die Kanadese werklik een keer of meer per week kerk toe gaan. Baie Amerikaners en Kanadese sê vir die meningspeilers dat hulle kerk toe gegaan het, selfs al het hulle nie. Hetsy dit in ander lande, met verskillende kulture, voorkom, is moeilik om te bepaal. "

Deur ’n 2006 aanlyn-Harris-meningsopname van 2 010 Amerikaanse volwassenes (18 jaar of ouer) is bevind dat slegs 26% van die ondervraagdes eredienste ,,elke week of meer dikwels” bygewoon het, 9% ,,een of twee keer per maand” bygewoon het, 21% ,,’n paar keer jaarliks” bygewoon het, 3% ,,een keer per jaar bygewoon het”, 22% ,,minder as een keer per jaar” bygewoon het en 18% glad nie eredienste bygewoon het nie. ’n Identiese vraelys van Harris in 2003 het bevind dat slegs 26% van die ondervraagdes eredienste ,,elke week of meer dikwels” bygewoon het, 11% ,,een of twee keer per maand” bygewoon het, 19% ,,’n paar keer jaarliks” bygewoon het, 4% ,,een keer per jaar bygewoon het”, 16% ,,minder as een keer per jaar” bygewoon het en 25% glad nie eredienste bygewoon het nie.

Die land met die wêreld se hoogste kerkbywoningsyfer is Nigerië (89%). Die Filippyne is derde op die ranglys, met 68%. Nigerië is ’n ongewone verskynsel, daar dit religieus baie divers is – die bevolking is 50,5% Moslem en 48,2% Christelik. By ander voorbeelde is daar die neiging dat daar op godsdiensvlak gelyksoortigheid is.

Weeklikse kerkbywoningstatistiek

Land Bywoning (%) Land Bywoning (%) Land Bywoning (%) Land Bywoning (%)
Kerkbywoning  Oostenryk 18% Kerkbywoning  België 7% Kerkbywoning  Kanada 20% Kerkbywoning  Denemarke 3%
Kerkbywoning  Siprus 25% Kerkbywoning  Tsjeggiese Republiek 11% Kerkbywoning  Estland 4% Kerkbywoning  Finland 5%
Kerkbywoning  Frankryk 12% Kerkbywoning  Griekeland 27% Kerkbywoning  Hongarye 12% Kerkbywoning  Ysland 10%
Kerkbywoning  Ierland 46% Kerkbywoning  Italië 31% Kerkbywoning  Letland 7% Kerkbywoning  Litaue 14%
Kerkbywoning  Malta 75% Kerkbywoning  Noorweë 3% Kerkbywoning  Pole 63% Kerkbywoning  Portugal 29%
Kerkbywoning  Slowakye 33% Kerkbywoning  Slowenië 18% Kerkbywoning  Spanje 19% Kerkbywoning  Swede 5%
Kerkbywoning  Verenigde Koninkryk 10% Kerkbywoning  Verenigde State 43% Kerkbywoning  Suid-Afrika 56% ♦

1998

Navorsing deur die Europese Sosiale Opname in 2008 oor die persentasie persone wat nooit godsdienstige bywoon nie (spesiale geleenthede uitgesluit), lyk soos volg:

  • <10%: Siprus, Griekeland, Pole
  • 10-20%: Kroasië, Italië (2002), Oekraïne
  • 20-30%: Turkye (Islam), Turkye
  • 30-40%: Estland, Rusland, Duitsland, Swede
  • 40-50%: Israel (Judaïsme), Spanje, Nederland
  • 50-60%: België, Brittanje, Frankryk
  • >60%: Tjeggiese Republiek

Neigings by kerkbywoning

In ontwikkelde lande het kerkbywoning geleidelik afgeneem. Navorsing het dit toegeskryf aan ’n gebrek aan motivering, negatiewe mediadekking oor godsdiens en verveeldheid tydens dienste. Een studie wat in die Journal of the Scientific Study of Religion geplaas is, doen egter aan die hand dat kerkbywoning, ten minste in Amerika, sedert die 1990’s onveranderlik op 25% gebly het. ’n Gallup-meningsopname het bevind dat kerkbywoning onder Protestante sedert 1955 naastenby 45% gebly het, terwyl die kerkbywoning onder Katolieke van 75% tot 45% afgeneem het, hoewel dit, ongeag die negatiewe nuusberigte, vanaf 1995 bestendig gebly het. ’n Ander Gallup-meningsopname toon ’n effense toename in kerkbywoning die afgelope twee jaar, wat dit aan ’n verouderende bevolking toeskryf. Hierdie afname is veral van toepassing op Europese lande waar die wêreldlike kultuur die belangstelling in godsdiens oorheers.

Bevolkingstatistiek van kerkgangers

Kerkbywoning bly sterk onder ouer medegelowiges en meer algemeen onder vroue. Party navorsingstukke beweer dat die jonger geslagte meer toegewyd kerke bywoon as die baby boomers, onder wie baie hul kinders in nie-godsdienstige omgewing grootgemaak het.

Navorsing dui ook dat kerkbywoning die kanse om Alzheimer se siekte op te doen, verskraal.

Die Pew Research Center het gelukkigheid aan weeklikse kerkbywoning verbind. Die Iona Instituut het toenemende kerkbywoning in Ierland ondervind, ongeag die bewerings van seksuele misbruik binne die dominante Katolieke Kerk. Die navorsing voer aan dat hierdie styging die uitwerking van die wêreldwye ekonomiese resessie is.

’n 2005 EU-meningsopname het bevind dat geloof sterker was onder vroue, met ouderdom toegeneem het, onder diegene is wat na politieke regsgesindheid neig en wat nadink oor filosofiese en etiese kwessies.

Invloed van mans op kerkbywoning

Switserland het ’n navorsingstuk in 2000 uitgereik wat tot die gevolgtrekking gekom het dat dit die geloofspraktyk van die vader van ’n gesin is wat bowenal die toekomstige kerkbywoning of –afwesigheid van die kinders bepaal. As beide die vader en die moeder gereeld kerk toe gaan, sal 33% van hul kinders gereelde kerkgangers word en 41% sal ongereeld kerk toe gaan. ’n Kwart van hul kinders sal glad nie eredienste bywoon nie. Indien die vader ongereeld, maar die ma gereeld kerk toe gaan, sal 3% van die kinders gevolglik gereelde kerkgangers word, terwyl die verdere 59% ongereelde bywoners sal word. 38% sal glad nie kerk toe gaan nie. Sou die vader nie kerk toe gaan nie en die ma is wel ’n gereelde kerkganger, sal 2% van die kinders gereeld kerkverrigtinge bywoon en 37% sal ongereeld bywoon. Meer as 60% van hul kinders sal nie kerk bywoon nie.

Kortom: As ’n vader nie kerk toe gaan nie, maak nie saak hoe toegewyd sy vrou is nie, sal slegs een kind uit 50 ’n gereelde aanbidder word. As ’n vader gereeld kerk toe gaan, ongeag hoe die moeder optree, sal tussen twee-derdes en ’n driekwart van hul kinders kerkgangers word (gereeld of ongereeld). As die vader wel kerk toe gaan (hoewel ongereeld), ongeag van sy vrou se toegewydheid, sal tussen die helfte en twee-derdes van hul nakomelinge gereeld of soms die kerk besoek.

’n Moeder wat nie kerk toe gaan nie, met haar man wat dikwels kerk toe gaan, bring mee dat ’n minimum van twee-derdes van haar kinders kerk toe gaan. Die omgekeerde sal wel lei dat twee-derdes van die kinders nie kerk toe gaan nie. Indien die vader se vrou ook nie gereeld kerk toe gaan nie, skiet die syfer op tot 80%.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Kerkbywoning DeelnamestatistiekKerkbywoning Neigings by kerkbywoningKerkbywoning Bevolkingstatistiek van kerkgangersKerkbywoning Invloed van mans op kerkbywoningKerkbywoning Sien ookKerkbywoning VerwysingsKerkbywoning

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaagLys van kinderspeletjiesSkaapNierSigaretVergelykings (taalkunde)MangelontstekingTuisbladHelm (geboorte)BeesLys van woestyneSowjetunieBybelvertalingAnilingusJacques LootsAbstraksie (rekenaarwetenskap)Karlien van JaarsveldSuiwelprodukRob HersovChristeneNardusAfkortingSonsverduisteringWaverOoiKlein vyf diereISBN (identifier)Nieu-SeelandTarentaleErnst Otto FischerAfrikaansAKolitisJeuksiekteHoërskool NoordheuwelKaapstadA.J. ApplegateKoorsblaarMoslemBybelInternetApartheidBatePsigopatieJo BlackKameelperdAfrikaPinksterAfrikaanse Hoër SeunskoolKarakteriseringKomeetHomoniemSeksualiteitGuillain-Barré-sindroomAardverwarmingAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeMisdaadJesus van NasaretHartaanvalHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSonsteekSeekoeiRugbywêreldbeker 2023Liewe HeksieDissipel vir wie Jesus baie lief wasWikiEjakulasie🡆 More