Sébastien Loeb (gebore 26 Februarie 1974) is 'n Franse professionele tydren-, wedren- en rallycross-renjaer.
Hy het vir die Citroën-wêreldtydrenspan deelgeneem in die Wêreld-tydrenkampioenskap (WRC) en is die suksesvolste jaer in die geskiedenis van die WRC, nadat hy die wêreldkampioenskap 9 keer agtereenvolgens gewen het. Hy hou verskeie ander WRC-rekords, waaronder die meeste byeenkomste gewen, die meeste podiumplekke en die meeste sneldele gewen.
Sébastien Loeb | |
---|---|
Loeb by die 2014 WTCC Race of Japan | |
Geboortedatum | 26 Februarie 1974 |
Geboorteplek | Haguenau, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Aktiewe jare | 1999–2013, 2015, 2018–2020 |
Navigator | Daniel Elena |
Ou span(ne) | Citroën, Kronos Citroën, Hyundai |
Inskrywings | 180 |
Kampioenskappe | 9 (2004 deurlopend tot 2012) |
Oorwinnings | 79 |
Podiums | 119 |
Loopbaanpunte | 1727 |
Eerste tydren | 1999 Rally Catalunya |
Eerste wen | 2002 Rallye Deutschland |
Laaste wen | 2018 Rally Catalunya |
Laaste inskrywing | 2020 Rally Turkey |
Loeb het aan die einde van die 2012-seisoen sy uittrede uit wêreldtydrenne aangekondig. Hy het daarna aan 'n paar geselekteerde byeenkomste in die 2013 WRC-seisoen deelgeneem en 'n volle seisoen in die FIA GT-reeks gejaag met 'n McLaren MP4-12C voordat hy in 2014 vir Citroën in die FIA Wêreldtoermotorkampioenskap deelgeneem het. In die 2018-seisoen was hy een van die amptelike bestuurders van die Team Peugeot Total.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sébastien Loeb, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.