Russiese Vliegdekskip ''Admiral Koeznetsof''

Admiral Flota Sowjetskowo Sojoeza Koeznetsof (Russies: Адмира́л фло́та Сове́тского Сою́за Кузнецо́в} Admiraal van die Vloot van die Sowjetunie Koeznetsof) is 'n vliegtuigkruiser (swaar vliegdekskip, missielkruiser, of TAVKR in die Russiese klassifikasie) wat dien as die vlagskip van die Russiese Vloot.

Hy is gebou deur die Swartseewerf, die enigste vervaardiger van die Sowjet-vliegdekskepe, in Nikolajef in die Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek. Die aanvanklike naam van die skip was Riga; gelanseer as die Leonid Brezjnef, seeproewe begin as Tbilisi, en uiteindelik dra dit die naam Admiral Flota Sowjetskowo Sojoeza Koeznetsof. Die skip is vernoem na die admiraal van die Sowjetvloot Nikolai Gerasimowitsj Koeznetsof.

Russiese vliegdekskip ''Admiral Koeznetsof''
Russiese Vliegdekskip ''Admiral Koeznetsof''
Naam Admiral Koeznetsof
Klas en tipe Swaar vliegdekskip
Besteldatum 3 Maart 1981
Bouers Nikolajef-Suid (Swartseewerf)
Gebruik deur Russiese Vloot
Boudatum 1982–1985
Datum neergelê 1 April 1982
Te water lating 6 Desember 1985
Aantal voltooi 1
In diens gestel 20 Januarie 1991
In gebruik 1
Lot Ondergaan tans herstelwerk
Verplasing 58 600 ton (volvrag)
Lengte 305 m (vliegdek)
270 m (waterlyn)
Wydte 72 m (vliegdek)
35 m (waterlyn)
Diepgang 10 m
Spoed 29 kn (54 km/h)
Bemanning 1 690 (skip)
626 (lugvleuel)
Russiese Vliegdekskip ''Admiral Koeznetsof''
Die dekopset het drie lanseerposisies vir vastevlerkvliegtuie.

Rol

Die ontwerp van die Admiral Koeznetsof-klas impliseer 'n missieverskil van dié van die Amerikaanse Vlootdraers. Die term wat gebruik word is "swaar vliegtuigdraerkruiser" – bedoel om ondersteuning en beskerming te bied tydens strategiese missiellansering vanaf duikbote, oppervlakskepe en missieltoegeruste vliegtuie van die Russiese Vloot.

Die draer huisves ook die Kamov Ka-27 en Kamov Ka-27S helikopters vir teenduikbootoorlogvoering, soek-en-reddingsoperasies en klein vervoertake.

Vliegtuiglansering

Vir die opstyg van vastevlerkvliegtuie, gebruik die Admiral Koeznetsof 'n ski-oprit aan die einde van sy boeg. Vir opstyg versnel 'n vliegtuig in die rigting van die oprit met behulp van sy nabrander. Dit veroorsaak dat die vliegtuig die dek teen 'n hoër hoek en hoogte verlaat as op 'n vliegdekskip met 'n plat dek en katapulte. Die ski-opritopstyg is minder veeleisend vir die vlieënier, aangesien die versnelling laer is, maar die resultaat is 'n stygspoed van net 120-140 km/h wat 'n vliegtuigontwerp benodig wat nie sal stol teen so 'n lae spoed nie.

Verwysings

Tags:

Oekraïense Sosialistiese SowjetrepubliekRussiesRussiese VlootVlagskipVliegdekskip

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Temperatuurregulering (biologie)Mieliestronk2023 Spaanse Grand PrixBosluisbytkoorsJuanita du PlessisKlipwerfBakterieTasché BurgerNasionale VrouedagGevolge van aardverwarming op oseaneBlonde stereotipeWikibooksKhoisanAfkortingRussiese inval in Oekraïne, sedert 2022OrgasmeSinoniemFamilie (verwantskap)StaalWikipediaAfrikaanse WikipediaEskomImpakte van toerisme2023AssiriëJapanWaterbesoedelingOorkruipersLyfstraf in skoleDoziToekoms van die AardeNelson MandelaBrandstofAalwynHerfsJan BlohmLasse LindtnerWiskundeLys van Afrikaanse rolprenteHannes van WykBlackie Swart (sanger)Afrikaanse kwartelTweede VryheidsoorlogTurksvyLys van kinderspeletjiesGesonde dieetDeneysvilleKoekepanJeugdagGeelstertBart SimpsonRina HugoGalblaasAnilingusVersamelnaamHokkieSpringbokkePinksterLabia (geslagsdele)KarpLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)NaboomSeksspeeldingCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaOlienhoutHentaiBloedsomloopstelselGompouVodacomUrineDeon GrootLDesiré GardnerBreinvliesontsteking🡆 More